Eenvoud

Eenvoud Eenvoud is ’n gesellige koffiewinkel in Vaalpark, wat alombekend is vir vriendelike diens en smaakvolle disse in ’n rustige atmosfeer.
(1)

Gaste kan hier ontspan met ’n koppie vars gebroude koffie en ’n ligte ete terwyl hulle kuier of werk.

18/06/2026
Wie het die episode van Homestead gastehuis op die tv program “In die sop” op Kyknet gesien?  Dit was vir ons een van di...
18/06/2026

Wie het die episode van Homestead gastehuis op die tv program “In die sop” op Kyknet gesien? Dit was vir ons een van die mooiste episodes van Marlene en Henrey - ons bure.
Terwyl Janie, Griki en die hele in die sop span die gastehuis mooi gemaak het, was dit ons werk by Eenvoud koffiewinkel om vir die spyseniering te sorg.
Ons het gemiddeld 120 etes ‘n dag gemaak, en ook gesorg vir lekker koffie. Dit was ‘n spanningsvolle, maar opwindende geleentheid. Ons het ons byna dood gewerk, maar dit was ‘n groot voorreg. Die span was fantasties en wat kan ‘n mens van Janie du Plessis sê…. sy is net ‘n fantastiese mens met ‘n warm hart en persoonlikheid

Dis Sondag 21 Junie…..Vadersdag!
11/06/2026

Dis Sondag 21 Junie…..Vadersdag!

Kyk net hoe pragtig!  Baie elegante keramiek bekertjie - R60 elk.Whatsapp Corrie op 0768232332 vir bestwllings.
09/06/2026

Kyk net hoe pragtig! Baie elegante keramiek bekertjie - R60 elk.
Whatsapp Corrie op 0768232332 vir bestwllings.

Winter bring ‘n rustiger ritme, maar ons deure bly oop om jou te verwelkom.Kom geniet ‘n lekker warm melktert-pannekoek.
04/06/2026

Winter bring ‘n rustiger ritme, maar ons deure bly oop om jou te verwelkom.
Kom geniet ‘n lekker warm melktert-pannekoek.

Ons het gisteraand heerlike mosselsop met vars brood gehad vir aandete.Hierdie 18cm en 22cm enamel borde is perfek vir p...
03/06/2026

Ons het gisteraand heerlike mosselsop met vars brood gehad vir aandete.
Hierdie 18cm en 22cm enamel borde is perfek vir pasta en sop.
18cm - R85 elk
22cm - R95 elk
Whatsapp Corrie op 0768232332 vir bestellings of meer inligting.

More is die begin van die Vaalpark Kothuismark!  Kom kuier vir ons, ons het oulike geskenkies, en onder andere heerlike ...
28/05/2026

More is die begin van die Vaalpark Kothuismark! Kom kuier vir ons, ons het oulike geskenkies, en onder andere heerlike wortelkoek muffins en natuurlik biltongtert!

26/05/2026

Nog ’n jaar om die son.
My beker loop oor.
Wat ’n voorreg.

My oupa het sy koffie met melk en suiker gedrink.
My ma drink weer glad nie koffie nie - net tee met ’n bietjie melk.
Ek drink my koffie gewoonlik swart en bitter.

Hierdie jaar se verjaarsdagprojek was eenvoudig: Ek wou 31 vreemdelinge se dag maak met 'n koppie koffie.

Die hoekoms en waaroms van die projek:

1. Die projek ondersteun plaaslike besighede deur produkte aan te koop en elkeen se handelsmerk sigbaar te maak.

2. 41 mense het vir ’n koppie koffie gevra, en almal kon ’n koffie ontvang danksy 31 koffies wat aangekoop is en ’n verdere 10 wat deur ’n borg moontlik gemaak is.

3. Soms wonder 'n mens oor die gratis koffie wat gegee is en waar dit vandaan kom. Dis waarom ons 'n poskaart met 'n persoonlike boodskap ontwerp en laat druk het. Van my huis na joune.

4. Die oorhoofse doel was om ’n klein gebaar van goedheid te deel en iets positiefs by te dra in die alledaagse.

Baie dankie vir elke verjaardaggelukwensing. Deur die loop van die week deel ons foto’s van die koffies wat uitgedeel is en gee ons erkenning aan die besighede wat aan die projek deelgeneem het. Ek wys ook aan die einde van die week wat ons met die koffies gemaak het.

My oupa het 'n voorbeeld vir my ma gestel deur na ander te kyk.
My ma het die voorbeeld vir my gestel.
Miskien stel die projek 'n voorbeeld vir jou?

Kyk na jou mense.
Hoe drink jy jou koffie?

Geniet jou Dinsdag!

© Ineffable Digitale Ontwerp 2026

24/05/2026

Neem asb kennis dat ons Maandag 25 Mei 2026 toe sal wees.

So baie dankie aan elkeen wat ons so getrou ondersteun, ons waardeer elkeen uit die diepte van ons hart. Ons is weer gen...
14/05/2026

So baie dankie aan elkeen wat ons so getrou ondersteun, ons waardeer elkeen uit die diepte van ons hart. Ons is weer genomineer vir 2026 Best of Vaal, sal julle asb vir ons stem vir die beste koffiewinkel.

The wait is over! 🎉

After another successful Best of Potch, voting for Best of Vaal is officially OPEN! 🏆

Now is your chance to support your favourite local businesses. Cast your vote and help crown this year’s Best of Vaal winners!

Vote now and celebrate the people and businesses that make the Vaal extraordinary ✨

https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/2026-best-of-vaal-vote/

Address

46 Doringberg Street
Vaalpark
1946

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 16:30
Saturday 09:00 - 14:00

Telephone

+27768232332

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Eenvoud posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category