03/11/2026
- LAASTE WEEK VAN FEESMARK 2026 -
Ons kyk met groot dankbaarheid terug na die wonderlike ondersteuning wat die feesmark weer vanjaar geniet het. Baie dankie aan ons personeel en fantastiese uitstallers vir elkeen se harde werk. Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie.
Onthou ons is oop op 4 November (Stemdag), kom kuier vanaf 10:00 tot 20:00. Die feesmark sluit op Saterag 7 November om 14:00.