18/01/2021
Vir 3 jaar was Meeurots Restaurant deel van my en my gesin se lewens. Alles is rondom Meeurots beplan.
Vir 3 jaar lank was ek deel van 'n ongelooflike groep mense. Het ek gedeel in almal se vreugde, hartseer. Het ek vriende gemaak.
Maar alles kom tot 'n einde. Corona en lockdown en die swak ekonomie het Meeurots nie gemis nie.
Weens onstandighede is Meeurots Restaurant permanent gesluit. Baie trane het al gevloei.
Baie dankie vir 'n ieder en 'n elk se ondersteuning die laaste 3 jaar. Dankie dat julle ons vertrou het om goeie kos voor te sit. Dankie vir die gesels, vir die saam lag en huil. Dankie vir die stryery partymaal. Die laaste 3 jaar ruil ek vir niks.
Baie groete.
Willie, Corne en Kids.
Ps. My sel no bly dieselfde.