09/08/2025
Trump se tariewe het ewe skielik die mens laat wakker skrik!!!. Die beginsel van "Boer maak 'n plan" is nou baie belangrike. Ek wil regtig hoop dat ons in SA ophou kla maar met oop denke die toekoms in gaan. Ek gaan bietjie inligting verskaf rondom die sitrus bedryf in die wereld en met idees rond speel. Ek glo daar is baie mense met baie meer insig en kennis as ek. Kom ons breinstorm dit. Wat die mark (sitrus) betref is ons die tweede grootste mark wat uitvoere betref. Spanje is die grootse uitvoerder, maar hy is in die Noordelike halfrond. ONS VERSKAF DUS SITUS BUITE SEISOEN IN DIE NOORDELIKE HALFROND!! DIS KAN ONS NIE STIEF BEHANDEL WORD NIE, nie vir lank nie. Die eindverbruiker gaan dit soek. Vraag en aanbod gaan 'n rol speel.
UITVOER MARKTE:
1. nederland = 22 %
2. United Arab Emirates = 9.2 %
3. United Kingdom = 8.6 %
4. Russia = 7.8 %
5. United States =7.2 % (buite seisoen daar) (Noord amerika)
6. China = 4.9 %
7. Portugal = 4.1 %
Wat staan ons te doen?
1. Maak 'n studie van wisselkoerse bv Pond is R23.50, Dollar is R17.80. Dis kan ons die 30 % heffing versag deur ons uitvoere na ander lande ( geld eenhede) te vermeerder
Voer uit na lande wat buite seisoen is , sal meer betaal om die sitrus in die hande te kry
Regering moet intree en uitvoer heffings vir minder,
Subsideer vervoer en hawe kostes.
Voer uit deur Mosambiek, nie onder hewig aan 30 % nie. Kyk ook na Walvis baai (WESKAAP EN NOORD KAAP)
Kyk ons na insetkoste vir die boer dan moet ons onthou watter rol die AI gaan en kan speel.
NB - daar is al sedert 2018 deur Israel pluk masjiene ontwikkel. DIT word tans geborg deur Amerika, die ontwikkeling:
Wat is die voordeel daarvan:
1. kan 24 uur plukwerk doen
2. 7 dae'n week -
3. lei arbeid op vir 'n spesifieke take - dus minder arbeid
4. Verkort dus oestyd.
5. Lopende koste verminder en nie stygende lone nie.
6. Dit is interessant vir elke 8 werkers betaal jy vir 'n ekstra werker op 'n jaar basis.
7. Verpakking gaan deur roborts gedoen word - 24 uur/7 dae.
8. Pakhuisse kan gebou word en vrugte stoor- pomp vol koolsuurgas - vertraag ryp word proses
9. Met Navorsing deur AI kan ons baie van die produkte verwerk na eindprodukte wat nuwe markte te skep.
10. Finansies: Stig Bv Privaat MTsky. Kan tot 50 boere in een MTSKY wees. In plaas van om 'n nuwe bakkie of nuwe draad te span, stort jou kapitaal in die MTSKY. en verdien dividende op belegging. Die Maatskappy koop die pluk toerusting en verhuur dit masjienerie uit aan boere.
Ek poog hier om die gedagtes aan te wakker. Nie almal is intrepeneurs nie, maar ons kan saam staan en mekaar se kennis gebruik, Voorspoed.