21/09/2026
Ontmoet vir Lynn. 🤎
Vir amper 3 jaar is Lynn deel van die Earth-familie en jy sal haar meestal in die winkel kry – veral wanneer daar nuwe voorraad aankom!
Vir Lynn voel die oopmaak van bokse seker elke dag ’n bietjie soos Kersfees. 🎁 Sy is mal oor al die nuwe goed, die verrassing van unieke items in elke boks, maar veral oor die pragtige oorbelle wat ons in die winkel aanhou.
Lynn is ook iemand wat besonder mooi na die goed om haar omsien. Sy hanteer elke item met sorg en aandag – want sy weet klein dingetjies maak ’n groot verskil.
Volgende keer as jy vir Lynn sien, vra haar om jou op ’n toer deur die winkel te neem en vir jou haar gunsteling-items én die nuutste voorraad te wys. Jy mag dalk met ’n paar nuwe gunstelinge daar uitstap! 😉