24/07/2026
Wat 'n onvergeetlike aand by Uniik!
Baie dankie aan elke gas wat gisteraand ons wynproe-aand bygewoon het. Julle teenwoordigheid, geselskap en entoesiasme het die aand werklik besonders gemaak.
'n Groot woord van dank aan Arendsig vir die uitstekende wyne en aan Stilbaai Kelders vir julle ondersteuning en samewerking om hierdie besonderse ervaring moontlik te maak. Julle passie en toewyding het van die aand 'n groot sukses gemaak.
Ons sien reeds uit na die volgende geleentheid waar ons weer goeie wyn, heerlike kos en wonderlike mense bymekaar kan bring.
Dankie dat julle deel was van die Uniik-ervaring.