02/12/2025
Idalet Maritz KINDERHUIS PROJEK!!!🤍🤍🤍🤍
BID asb saam vir R100 000!!!
Bring die kindertjies na My toe, het Jesus gesê♡♡♡
Met elke uitreik breek daar nog 'n stukkie van my hart af....maar daar kom soveel meer ruimte daarmee saam!!!
Ek wens ek kon elke traan afvee.
Ek wens ek kon almal gelyk optel en liefde gee wat hulle armpies uitstrek!
Ons wil 1 vertek vir hulle opgradeer!!!!
Een kosbare, netjiese, mooi gesinskamer vir hulle gee, hierdie vakansie!!!
Ons het alreeds 'n kosbare besigheidsman gekry wat al die struktuur verbetering gedoen het!!!
Dak reg gemaak, toilet ingebou, geverf, mure reg gemaak en soveel meer!!!
Nou wil ons Saterdag, 13 Desember weer Kriel Kinderhuis toe gaan!!!!
Hoe kan jy bydrae/ betrokke wees:
*Intree in gebed vir finansies
* Saterdag 13 Desember Kriel kinderhuis toe ry en kom help...bring Handy andy, domestos, lappe, skrop sponsies, 'n emmer, handskoene
*Bring 'n blik verf (deurkosyne moet enamel geverf word) en die pophuis moet nuut geverf word
*Bring speelgoed saam(gewas en in GOEIE toestand)###
*Bring jou man saam met 'n boor, hammer , skroewe en spykers. (Dat ons kan regmaak wat gebreek is)
*Blinders moet opgesit word...
*As jy weet van iemand met 'n bakkie en 'n sleepwa, baie goed gaan ashope toe moet gery word
*3 Trampolines moet ingesit word ( R28 000)
Ons wil die SAAL vir hulle 'n FAMILIEKAMER maak!
Met matte waar die kleintjies kan sit.
'n Projektor waar hulle stories op reëndae kan kyk...(en daar is baie daarvan😊🌧🌧)
As jy finansieël kan bydrae, asb laat weet my: 076 645 4305.
https://www.backabuddy.co.za/campaign/kriel-kinderhuis-familiekamer
Kom ons maak hierdie LAAAAAANG vakansie vir die kindertjies en hulle huis mamma's bietjie beter ######