Laerskool Wildehondepan

Call Directions

Laerskool Wildehondepan MIK HOOG!!!

Wildehondepan kweek hoofleiersOns is ongelooflik trots op een van ons oudleerders, Joanel Hoffman, wat  onlangs aangewys...
20/10/2026

Wildehondepan kweek hoofleiers

Ons is ongelooflik trots op een van ons oudleerders, Joanel Hoffman, wat onlangs aangewys is as Hoofleier van Hoërskool Sannieshof! 🌟

Mag die nuwe hoofstuk gevul wees met wysheid, deursettingsvermoë en kosbare herinneringe.

Mag jy altyd met trots, nederigheid en integriteit lei, en ’n positiewe verskil in jou skoolgemeenskap maak.

Ons is trots om te sien hoe ons oudleerders hul merk maak! 🐾

Baie geluk met hierdie besondere eer, Joanel!
Mag jy ’n wonderlike en suksesvolle leiersjaar hê! 💙🤍

🦒🌿 Wat ’n avontuur 🐾Ons Kribbel Krabbel maatjies en Graad R- en Graad 1-leerders het op Donderdag  (17 September) die be...
18/09/2026

🦒🌿 Wat ’n avontuur 🐾

Ons Kribbel Krabbel maatjies en Graad R- en Graad 1-leerders het op Donderdag (17 September) die besondere geleentheid gehad om die pekaneutboorde in die omgewing te besoek en meer te leer oor dié boerdery, hoe dit werk en hoe pekaneute lyk. 🌳🥜

Hulle het ook die kans gekry om ’n dopstelsel te besigtig. 🌿

Daarna het die busse na Mooiplaats Trust vertrek🌳🦓 waar die leerdertjies op ’n Wildsrit geneem is.
Hulle het sommer baie verskillende wilde diere van naby bekyk. 🦌🦒🐗
Dit was ’n belewenis wat hulle beslis nie gou sal vergeet nie!

Na al die opwinding het die kinders heerlik saam ’n worsie gebraai en die lekker kuier in die natuur geniet. 🌭🔥

Dit was ’n dag vol avontuur, ontdekking, leer en groot glimlagte! 😄❤️

Baie dankie aan almal wat gehelp het om hierdie besondere dag vir ons Wildehondjies moontlik te maak! 🐾🌿



🥉 Abakus🥉Baie geluk aan Theuns Labuschagne wat tydens die Noordwes Abakus en Wiskunde Olimpiade wat die afgelope naweek ...
15/09/2026

🥉 Abakus🥉

Baie geluk aan Theuns Labuschagne wat tydens die Noordwes Abakus en Wiskunde Olimpiade wat die afgelope naweek plaasgevind het, ’n bronsmedalje verower het! 🏅🧮

Ons is ongelooflik trots op jou prestasie! Jou harde werk, toewyding en liefde vir Wiskunde het beslis vrugte afgewerp. 🌟

Hou aan om groot te droom en jou beste te gee, Theuns! Ons is trots op jou! 👏🎉

Baie geluk Juffrou Anna-Mari!
14/09/2026

Baie geluk Juffrou Anna-Mari!

🎉 Gimnastiek nuus🤸‍♀️🥈Elisce Jordaan het die afgelope naweek aan die Noordwes Gimnastiekkompetisie in Pretoria deelgenee...
09/09/2026

🎉 Gimnastiek nuus🤸‍♀️🥈

Elisce Jordaan het die afgelope naweek aan die Noordwes Gimnastiekkompetisie in Pretoria deelgeneem en puik gevaar!

Sy het ’n silwer medalje ontvang en is ook opgeneem in die Noordwes-span! 🏆💚

Ons is ongelooflik trots op jou harde werk en prestasie, Elisce! 🌟 Baie sterkte met alles wat nog voorlê — ons weet jy gaan nog baie hoogtes bereik! 🤸‍♀️✨



06/09/2026

Senwes Stark Fabrications NJ Rossouw Rolfes Agri Laeveld Agrochem Agraforum InteliGro JBJ Machinery Ta**us Signs & Number Plates

🌟🤸 Sterkte Elisce🤸🌟Ons wens jou alle sterkte toe met die Noordwes Gimnatiek kompetisie wat môre en Sondag, 5 en 6 Septem...
04/09/2026

🌟🤸 Sterkte Elisce🤸🌟

Ons wens jou alle sterkte toe met die Noordwes Gimnatiek kompetisie wat môre en Sondag, 5 en 6 September, in Pretoria plaasvind! 💪✨

Mag al jou harde werk, oefening en deursettingsvermoë beloon word.
Gee jou beste, glo in jouself en geniet elke oomblik! 🍀🏆



📣📣SILOFEES KENNISGEWING📣📣Neem asb kennis dat ons Silofees ligging (plek) skuif na Migdol Boeresaal.Sien uit om almal daa...
04/09/2026

📣📣SILOFEES KENNISGEWING📣📣

Neem asb kennis dat ons Silofees ligging (plek) skuif na Migdol Boeresaal.

Sien uit om almal daar te sien!!!

🎊🎊🎊

TUSSEN DIE SILO’S 2026Ons verhoog staan, parkering is netjies. 2 dae dan warm ons op met Pierre Rossouw, kyk ons hoe die...
03/09/2026

TUSSEN DIE SILO’S 2026
Ons verhoog staan, parkering is netjies. 2 dae dan warm ons op met Pierre Rossouw, kyk ons hoe die Springboks die All Blacks wen, en vier dit met ’n stukkie Robbie Wessels🎶🍻

02/09/2026

Address

Plaas Wildehondepan
Schweizer-Reneke
2780

Opening Hours

Monday 07:30 - 13:30
Tuesday 07:30 - 13:30
Wednesday 07:30 - 13:30
Thursday 07:30 - 13:30
Friday 07:30 - 13:00

Telephone

+27827967016

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Wildehondepan posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share