28/10/2016
Hallo daar Vriende, Vriendinne, Klublede, Mooters en Pretorianers.. Baie Dankie vir al die ondersteuning die afgelope 9 maande. Ons was lekker besig en nou raak dit nog meer besig soos wat die einde van die jaar nader kruip..!!
Wat het gebeur die afgelope tyd hier by ons... Die Netbal Seisoen was baie suksesvol met tussen 200 en 300 Netbal Spelers elke Donderdag aand kon dit nie anders nie.. Hul het die seisoen afgesluit by ons in Egte Hawaiese Styl en tussen 500 en 600 mense het heerlik by Ons gekuier. Veerpyltjie, Rolbal en Ringtennis toernooie het ons ook lekker besig gehou en heelwat Spanbou funksies het hier plaasgevind wat gewissel het van Kook Kompetisies, Kareoke en sommer net lekker kuier..!!
Soos ek se... die einde van die jaar is hier.. as jy nog nie hier by ons kom kuier het nie het jy voorwaar uitgemis...!!
Ons het nog plek oop vir jou Eindjaar Funsie, Verjaarsdag of Huweliks Herdenking. Kom kies tussen die Groot Saal(150), Lapa(200+) of Konferensie lokaal(70) om jou jaar op 'n hoogtepunt af te sluit..!! Ons Drie "Watergate" les jou dors teen die beste pryse in Pretoria..!! Die Restaurant se spyskaart bied 'n verskeidenheid etes en doen spyseniering wat wissel van Spitbraai, Buffet Etes, Braai en Peusel Borde..!!
Ons se dankie aan IMATU, Steyns Ford, Depte van Landbou, Arbeid, Steve Biko Hospitaal, SBAH X-Strale Afdeling, SA Reserwe Bank, ens en ook 'n heelpaar privaat instansies wat alreeds die die jaar saam ons gaan afsluit... jul gaan lekker hier by ons kuier..!!
Kom maak 'n draai en beleef Munies Restaurant en Klub se aangename atmosfeer, Groen Gras, Pers Jakarandas en veilige parkering.
Heelaas.... Soos ons gereelde Besoekers weet.. Waars Dit Lekkerrr... Hiers dit LEKKERRR...!!