05/10/2026
❤️ ’N NUWE HOOFSTUK VIR STELLA’S STREET CAFÉ ❤️
Aan al ons wonderlike kliënte, vriende en familie…
Met baie gemengde emosies, maar ook met dankbare harte en groot opgewondenheid oor wat voorlê, wil ons graag ’n stukkie nuus met julle deel.
Na baie nadenke en gebed het ons besluit dat Stella’s Street Café op 31 Oktober 2026 sy deure by Moments Square sal sluit.
Maar moenie dink dit is ’n totsiens nie…
Dit is eerder Stella’s wat haar vlerke sprei! 🪽❤️
Wat begin het as ’n klein kafee, gebou op baie liefde en koesterkos, het vir ons soveel kosbare herinneringe gebring. Ons het wonderlike mense ontmoet, ontelbare koppies koffie gedeel, saam geëet, gelag, gesels en vriendskappe gevorm wat ons vir altyd sal koester.
Baie, baie dankie aan elke persoon wat ons ondersteun het — elkeen wat by ons kom koffie drink het, ’n ete bestel het, ’n vriend saamgebring het, ons aanbeveel het, ons plasings gedeel het of net kom inloer het vir ’n geselsie.
Julle was en is ’n baie belangrike deel van ons storie. ❤️
Maar moenie bekommerd wees nie… Stella’s verdwyn nie! 😉
Ons gaan voort met ons tuisgemaakte aandetes vir wegneem gedurende die week, en ons sal beskikbaar wees vir spyseniering by privaat- en korporatiewe funksies.
Julle sal ons ook by verskeie naweekmarkte en geleenthede raakloop — onder andere by Hartelus Mark en ander plekke wat nog voorlê.
Hou dus asseblief aan om Stella’s Street Café op Facebook te volg sodat julle kan sien waar ons volgende gaan wees, wat ons kook, wanneer ons markte doen en hoe julle ons vir spyseniering kan kontak.
Ons klein kafee se deure mag dalk sluit, maar die hart van Stella’s Street Café gaan voort — oral waar lekker kos, goeie mense en mooi herinneringe bymekaar kom. ❤️
Ons is ongelooflik dankbaar vir elke tree van hierdie reis en vir elkeen van julle wat deel daarvan was.
Op nuwe avonture, nuwe plekke, nuwe gesigte…
en nog baie kos wat met liefde gemaak word! ❤️
Met liefde en dankbaarheid,
Estelle & Johan
Stella’s Street Café
☕❤️ Dankie dat julle deel van ons storie was. ❤️☕