Rebellie Brouery

Rebellie Brouery Zebra Brouery is n Afrikaner brouery in Orania wat gehalte bier brou volgend Orania se vryheidsgebod van 1991. (Eie arbeid, eie instellings, eie grondgebied.)

As jy n rebel in die aard van Jopie Fourie is, is ons bier ook jou bier! SOET IS DIE STRYD!

Dit is Teetyd by die Voortrekkermonument!
15/12/2022

Dit is Teetyd by die Voortrekkermonument!

Ons ou betroubare rooibos-ystee spog die week vir die eerste keer in sy nuwe baadjie.Oom Joop nooi jou vir 'n Tee op ys ...
10/12/2022

Ons ou betroubare rooibos-ystee spog die week vir die eerste keer in sy nuwe baadjie.

Oom Joop nooi jou vir 'n Tee op ys by ons groot monument in die hoofstad van die ou Transvaal.

Oom Joop sê: "Sien jou vanaand by die monument saam met Adam Tas, dan skink ek vir ons 'n teetjie!"

Op 19 Desember 1914 verskyn Jopie Fourie voor ‘n krygsraad op aanklag van hoogverraad...In sy verweer sê hy die volgende...
20/12/2021

Op 19 Desember 1914 verskyn Jopie Fourie voor ‘n krygsraad op aanklag van hoogverraad...

In sy verweer sê hy die volgende in die hof:

"Ek kan nie insien waarom ons jong Afrikaners vir Engeland se eer moet veg nie. Wanneer ons die moord van Slagtersnek nagaan ... en wanneer ek d**k aan die 30 000 vroue en kinders wat vermoor is, sien ek nie waarom ek Engeland moet help om sy eer omhoog te hou nie.

Ek weet dat die regering my as ’n rebel beskou en teleurgesteld in my is. Ook is ek teleurgestel in die regering wat ek op die been help bring het en waarvoor ek my bloed opgeoffer het...wat ek gedoen het, het ek met oop oë en uit eie vrye oortuiging gedoen. Selfs al is ek tot vandag toe nog oortuig dat God die onreg nie sal gedoë nie...kan ek nie vals wees nie! Nooit in my lewe het ek dit kon wees nie! En mag God my bewaar om nooit ’n valsaard te word nie! My dade het altyd my hart geopenbaar.

Ek is nie van plan om die hof om genade te vra nie. Die genade van my Skepper wat my gelei het, is vir my genoeg... Genade? Is dit nie opmerklik dat ek die seun moes wees wat met die witvlag na Jameson ingery het met sy oorgawe? Hy is gevang en vrygelaat, en daarna word hy sir Starr Jameson; maar ek moet sterwe, daartoe veroordeel deur my eie mense wat twaalf jaar gelede saam met my gestry het vir ons land en volk se vryheid.

O, ek hoop tog hulle sal my nie in my gesig skiet nie," en terwyl hy sy hand op sy bors lê, laat hy hoor: "Hier is ’n groot Afrikanerhart, groot genoeg om al hul koeëls te ontvang... so seker as ek u hier voor my sien, is ek oortuig dat die Here met Sy dierbare bloed vir my sonde versoening gedoen het; en dat Hy nou kom om my by die hand te neem en deur die dal der skaduwee des doods weg te lei. Hy is mos hier by ons, ons kan Hom voel..."

Met dagbreek op 20 Desember 1914 is Jopie Fourie deur 12 Unie soldate in sy bors dood geskiet.

ONS BLY TROU JOPIE FOURIE!

Vandag, 20 Desember is Jopiedag!

Geniet Maandag jou eerste Rebellie bier gratis saam met enige Rebellie Restaurant & Taphuis - ete. Maak seker jy is deel...
17/12/2021

Geniet Maandag jou eerste Rebellie bier gratis saam met enige Rebellie Restaurant & Taphuis - ete.

Maak seker jy is deel van die herdenking en bespreek vooraf jou tafel.

- - - - -
Ons is nie vir onderhorigheid gebore nie!

28/10/2021

Maak 'n knoop in jou oor!

Onse Bakkies is ook nie vir onderhorigheid gebore nie!
22/10/2021

Onse Bakkies is ook nie vir onderhorigheid gebore nie!

Ons blus brandende kele hier by Silver Lakes Gholfbaan!
22/10/2021

Ons blus brandende kele hier by Silver Lakes Gholfbaan!

Eksklusief gebrou:Met die uitbreek van die tweede Vryheidsoorlog, het 270 Russiese vrywilligers hulle by die Boeremagte ...
09/10/2021

Eksklusief gebrou:

Met die uitbreek van die tweede Vryheidsoorlog, het 270 Russiese vrywilligers hulle by die Boeremagte aangesluit.

Ons eer hulle respekvol met hierdie besonderse Russiese bier!

Hulle was ook nie vir Boere onderhorigheid gebore nie!

- - - - -
Op kraan by Rebellie Taphuis in Orania
60 liter beskikbaar
12% alkohol.

Rebellie in die Noorde van Pretoria!BIER BEKENDSTELLING BY:Yami Rib & Burger SinovilleSaterdag 4 September12:00 - 21:00L...
03/09/2021

Rebellie in die Noorde van Pretoria!

BIER BEKENDSTELLING BY:
Yami Rib & Burger Sinoville
Saterdag 4 September
12:00 - 21:00
Laaste Rondtes om 08:00

Bestel 'n Rebellie bier en staan 'n kans om spoggerige pryse te wen.

SOET IS DIE STRYD!

Address

Stokkiesdraai Avontuurpark
Orania
8752

Opening Hours

Monday 10:00 - 00:00
Tuesday 10:00 - 19:00
Wednesday 10:00 - 00:00
Thursday 10:00 - 00:00
Friday 10:00 - 00:00
Saturday 10:00 - 00:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Rebellie Brouery posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Restaurant

Send a message to Rebellie Brouery:

Share

Category