Gutto's Pub & Grill

Gutto's Pub & Grill Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Gutto's Pub & Grill, Bar & Grill, 45 Main Street, Moorreesburg.

22/05/2026

Ontmoet die Span agter Gutto’s Pub & Grill!

By Gutto’s gaan dit nie net oor goeie kos en koue drankies nie – dit gaan oor die mense wat dit alles moontlik maak.

Van die kombuis tot agter die kroeg, elkeen van ons spanlede bring hul eie energie, passie en glimlag om vir julle die beste ervaring te gee,

Ons wil net ’n groot DANKIE sê vir elkeen van julle – vir die harde werk, die lang ure, en die trots wat julle elke dag in julle werk sit. Julle is die hart van Gutto’s ❤️

Volgende keer as jy hier inloer, lig ’n glas vir die span wat alles laat gebeur 🍺

Donderdagaande by Gutto’s het nog nooit só lekker geklink (en geproe) nie!Kom geniet warm, vars pizza specials terwyl jy...
20/05/2026

Donderdagaande by Gutto’s het nog nooit só lekker geklink (en geproe) nie!

Kom geniet warm, vars pizza specials terwyl jy jou gunsteling liedjies uitsing en die aand saam met vriende voluit leef.

Die vibe? Goeie musiek, great mense en kos wat nét reg tref.

📍 Gutto’s Pub & Grill
🕗 Donderdae | 20:00 – 23:30

Bring jou stem, bring jou vibe… ons sorg vir die res.

🔥 Heerlike Pizza Specials beskikbaar vir Donderdag 14 Mei 2026 se Karaoke Aand! 🔥Die perfekte kombinasie van musiek, kui...
13/05/2026

🔥 Heerlike Pizza Specials beskikbaar vir Donderdag 14 Mei 2026 se Karaoke Aand! 🔥

Die perfekte kombinasie van musiek, kuier en lekker kos! 😋

📍 Gutto’s Pub & Grill
🕗 Donderdae | 20:00 – 23:30

🎤🍕 KARAOKE DONDERDAE by Gutto’s Pub & Grill! 🍕🎤Kom sing jou hart uit saam met ons elke Donderdag vanaf 20:00 tot 23:00! ...
13/05/2026

🎤🍕 KARAOKE DONDERDAE by Gutto’s Pub & Grill! 🍕🎤

Kom sing jou hart uit saam met ons elke Donderdag vanaf 20:00 tot 23:00! 🎶✨
Bring jou vriende, kies jou gunsteling liedjie en geniet ’n aand vol pret, lag en goeie vibes! 🍻🎙️

🔥 Heerlike Pizza Specials beskikbaar! 🔥
Die perfekte kombinasie van musiek, kuier en lekker kos! 😋

📍 Gutto’s Pub & Grill
🕗 Donderdae | 20:00 – 23:00

🍻Kom geniet die aand saam met ons en Weskus Kallie! Saterdag, 16 Mei 2026!Moet dit nie misloop nie. 🍻
13/05/2026

🍻Kom geniet die aand saam met ons en Weskus Kallie!

Saterdag, 16 Mei 2026!

Moet dit nie misloop nie. 🍻

🍻 Nuwe Eienaars by Gutto’s 🍻Ons is opgewonde om onsself bekend te stel as die nuwe eienaars van Gutto’s Pub & Grill!Ek i...
06/05/2026

🍻 Nuwe Eienaars by Gutto’s 🍻

Ons is opgewonde om onsself bekend te stel as die nuwe eienaars van Gutto’s Pub & Grill!

Ek is Euwan en dit is Tina — ons is albei oorspronklik van die Suidelike Voorstede van Kaapstad, maar deur familie en nuwe geleenthede het Moorreesburg vinnig soos huis begin voel.

Ons bestuur saam ’n rekeningkundige praktyk waar ons fokus op klein tot medium besighede, en ons het ’n groot passie vir entrepreneurskap en om besighede te bou. Euwan het ook vorige ondervinding in die kroegbedryf, wat hierdie nuwe hoofstuk nog meer spesiaal maak.

Ons is ook die eienaars van die CANABLISS franchise winkel in Moorreesburg (19A Hoofstraat), tuiste van die Swartland Special, en is trots om nou met meer as een besigheid deel van die plaaslike gemeenskap te wees.

Deur die proses het ons vir Oom Erard leer ken, en van die begin af het ons dieselfde visie vir Gutto’s gedeel. Dit was vir ons belangrik dat Gutto’s se naam en nalatenskap voortleef — en ons is trots om dit nou verder te kan bou.

Gutto’s het onlangs sy 25ste verjaarsdag gevier, en ons hoop om nog baie jare saam met die gemeenskap te groei — dalk eendag selfs die 50ste saam te vier!

Ons sien uit daarna om almal beter te leer ken en Gutto’s ’n plek te maak waar vriende en familie bymekaar kom.

Groete 🍻
Euwan & Tina

05/05/2026

Ons telefoon lyne is tans af, kontak ons asb op 064 853 1067 vir enige bestellings.

Vanaand is die aand! 🎉Gutto’s Pub & Grill vier 25 jaar – en jy wil nie hierdie een mis nie. Kom join die vibe met Weskus...
01/05/2026

Vanaand is die aand! 🎉

Gutto’s Pub & Grill vier 25 jaar – en jy wil nie hierdie een mis nie. Kom join die vibe met Weskus Kallie live van 21:00–24:00, reg vir ’n aand van dans, lag en goeie memories.

Begin sterk met Happy Hour van 19:00–20:00:
3 x dubbel brandy en Coke vir net R60 🔥

Bring jou vriende, trek op en kom vier saam – vanaand gaan een vir die boeke wees. 🍻

30/04/2026

25 jaar later… en Gutto’s weet nog steeds hoe om ’n aand reg te doen. 🔥
As jy lus is vir ’n proper kuier, is dit waar jy moet wees. Weskus Kallie vat die stage van 21:00–24:00, so jy kan regmaak vir dans, sing en daai lekker laatnag vibes.

En voor dit? Happy Hour van 19:00–20:00 – 3 x dubbel brandy en Coke vir net R60. Ja, jy lees reg. Bring jou mense, trek op, en begin die aand soos dit hoort.

Dis nie net ’n viering nie… dis 25 jaar se memories in een aand. Kom maak nog ’n paar saam. 🍻

28/04/2026

25 jaar van kuier, stories en daai tipe aande wat jy nie kan oorvertel sonder om te lag nie… en hierdie een gaan nie anders wees nie. 🔥 By Gutto’s Pub & Grill vat ons dit volgende vlak met Weskus Kallie wat die plek laat lewe van 21:00 tot 24:00 — so kom reg vir dans, saamsing en daai lekker Weskus vibe.

En ja… ons begin sommer vroeg: Happy Hour van 19:00–20:00 met 3 x dubbel brandy en Coke vir R60. Dis basies jou teken om nie by die huis te sit nie.

Bring jou mense, jou stories en jou lus vir ’n goeie tyd — hierdie reel is net ’n voorsmakie van wat wag. 🍻

12/09/2025

Gutto's is open for the Springboks vs All Blacks game at 09h00 on Saturday, September 13th 🏉

Address

45 Main Street
Moorreesburg
7310

Opening Hours

Tuesday 11:00 - 23:58
Wednesday 11:00 - 23:58
Thursday 11:00 - 23:58
Friday 11:00 - 02:00
Saturday 11:00 - 02:00

Telephone

+27224333302

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Gutto's Pub & Grill posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Restaurant

Send a message to Gutto's Pub & Grill:

Share

Category