Geliefd

Call Directions Contact the restaurant

Geliefd Met loof & liefde

Wees slim- GAAN stem! 🗳️🗳️🗳️Stemdag vra vir ’n goeie koppie koffie!Maak seker jy gaan stem, wys vir ons jou stemmerk op ...
04/11/2026

Wees slim- GAAN stem! 🗳️🗳️🗳️

Stemdag vra vir ’n goeie koppie koffie!

Maak seker jy gaan stem, wys vir ons jou stemmerk op jou duim môre en geniet 50% AF op ALLE koffies by Geliefd!

Want elke stem tel… en elke goeie dag begin met koffie. 😉

📅 5 November
⏰ 08:30–15:30
📍 Geliefd

Takeaways tel ook! ☕️

Bring jou stemvinger én jou koffielus saam! Ons sien uit om jou te bederf 🤎

Ons vier vandag K•O•F•F•I•E by Geliefd 🤎☕️ Het jy geweet?🌍 Koffie word in meer as 70 lande verbou, hoofsaaklik in ’n geb...
01/10/2026

Ons vier vandag K•O•F•F•I•E by Geliefd 🤎

☕️ Het jy geweet?

🌍 Koffie word in meer as 70 lande verbou, hoofsaaklik in ’n gebied rondom die ewenaar wat die Coffee Belt genoem word.

🐐 Die bekendste koffie-legende begin met bokke! Volgens ’n ou Ethiopiese legende het ’n skaapwagter genaamd Kaldi opgemerk dat sy bokke baie energiek geword het nadat hulle sekere rooi bessies geëet het. Die storie sê dit het gelei tot die ontdekking van koffie.

🧠 Kafeïen is ’n natuurlike verdedigingsmiddel van die koffieplant. Dit help die plant om sekere insekte af te weer.

🔥 Die groen koffiesaad is nie bruin nie. Dit word eers tydens die roosterproses bruin, en die rooster beïnvloed die koffie se geur, aroma en smaak.

💧 Espresso beteken nie “’n spesiale soort boontjie” nie. Espresso is ’n manier waarop koffie gemaak word — warm water word onder druk deur fyn gemaalde koffie gestoot.

🥛 ’n Cappuccino, latte en flat white kan almal met dieselfde espresso begin. Die groot verskil is hoofsaaklik die hoeveelheid melk en hoe die melk voorberei word.

⚡ Kafeïen bereik redelik vinnig jou bloedstroom. Jy kan die effek gewoonlik binne ongeveer 15–45 minute begin voel.

❤️ Koffie is een van die wêreld se gewildste drankies. Miljarde koppies word wêreldwyd elke dag gedrink.

Ons sien jou vandag vir ‘n heerlike koppie koffie! 🤎

☕️☕️☕️☕️☕️☕️☕️
01/10/2026

☕️☕️☕️☕️☕️☕️☕️

INTERNASIONALE KOFFIEDAG BY GELIEFD!

Donderdag, 1 Oktober, vier ons die mooiste ding van ’n koffiewinkel — koffie! ☕️

Kom kuier saam met ons en bederf jouself met iets ekstra spesiaal:

☕ Caramel/ Hazelnut Cappuccino
☕ Caramel/ Hazelnut Latte
🤎 Amarula Cappuccino
🍰 Koffiekoek
🧊 Yskoffie (koffie, chocolate en karamel geur)

Takeaway of sit.

Of jy nou kom vir jou gewone koppie koffie, ’n nuwe geur wil probeer of net ’n bietjie wil kom kuier — ons sien jou Donderdag!🤍

Mamma’s- onthou daar is ook die oggend vakansieprogram vir die kinders. Kom bederf hulle met iets soets en sommer jouself ook!🍩🍰

Anisca 0799172772

INTERNASIONALE KOFFIEDAG BY GELIEFD!Donderdag, 1 Oktober, vier ons die mooiste ding van ’n koffiewinkel — koffie! ☕️Kom ...
29/09/2026

INTERNASIONALE KOFFIEDAG BY GELIEFD!

Donderdag, 1 Oktober, vier ons die mooiste ding van ’n koffiewinkel — koffie! ☕️

Kom kuier saam met ons en bederf jouself met iets ekstra spesiaal:

☕ Caramel/ Hazelnut Cappuccino
☕ Caramel/ Hazelnut Latte
🤎 Amarula Cappuccino
🍰 Koffiekoek
🧊 Yskoffie (koffie, chocolate en karamel geur)

Takeaway of sit.

Of jy nou kom vir jou gewone koppie koffie, ’n nuwe geur wil probeer of net ’n bietjie wil kom kuier — ons sien jou Donderdag!🤍

Mamma’s- onthou daar is ook die oggend vakansieprogram vir die kinders. Kom bederf hulle met iets soets en sommer jouself ook!🍩🍰

Anisca 0799172772

Merk solank die datum in jou kalender! ✨Kom geniet ’n dag vol Kersgees, unieke stalletjies, heerlike koffie, lekker eetg...
28/09/2026

Merk solank die datum in jou kalender! ✨

Kom geniet ’n dag vol Kersgees, unieke stalletjies, heerlike koffie, lekker eetgoed en die mooiste geskenke om jou feestyd ekstra spesiaal te maak.

📅 28 November 2028
📍 Geliefd, Leeudoringstad

Bring jou familie en vriende saam – ons kan nie wag om saam met julle die Kersseisoen af te skop nie! ❤️🎁

Ons sien julle Saterdag!🪴🛍️☀️Ingang | R30 per volwasseR10 per kindVoorskool gratis🌳🌳🌳
10/09/2026

Ons sien julle Saterdag!🪴🛍️☀️

Ingang | R30 per volwasse
R10 per kind
Voorskool gratis

🌳🌳🌳

Heerlike lente mark Saterdag by Geliefd! 🪻🌳🧺🛍️9:00-15:00
08/09/2026

Heerlike lente mark Saterdag by Geliefd! 🪻🌳🧺🛍️

9:00-15:00

🌸 Nog net 2 weke! 🌸Die Geliefd Lente Mark is amper hier! Kom kuier saam op 12 September van 09:00–15:00 by Geliefd in Le...
29/08/2026

🌸 Nog net 2 weke! 🌸

Die Geliefd Lente Mark is amper hier! Kom kuier saam op 12 September van 09:00–15:00 by Geliefd in Leeudoringstad.

✨ Plaaslike uitstallers
☕ Lekker koffie
🍰 Heerlike eetgoed
🛍️ Unieke handgemaakte produkte

Toegang: R30 | Kinders R10 | Voorskool gratis.

Tag sommer iemand wat saam met jou moet/ gaan kom! 🌿

Oor minder as 3 weke hou ons lekker mark! ☀️Merk 12 September op jou kalender en kom geniet ’n heerlike lentedag saam me...
23/08/2026

Oor minder as 3 weke hou ons lekker mark! ☀️

Merk 12 September op jou kalender en kom geniet ’n heerlike lentedag saam met ons by Geliefd in Leeudoringstad.

Kom kuier tussen plaaslike uitstallers, geniet ’n lekker koppie koffie, smul aan heerlike eetgoed en ontdek unieke handgemaakte produkte. Bring gerus jou piekniekkombers en maak ’n dag daarvan saam met familie en vriende terwyl die kinders lekker speel.

📅 12 September 2026
🕘 09:00–15:00
📍 Geliefd, Leeudoringstad

Toegang:
🌿 Volwassenes – R30
🌿 Kinders - R10
🌿 Voorskool – Gratis

Geen buitekos of -verversings word toegelaat nie.

Stuur vir almal en nooi jou kuiermense saam – ons sien uit daarna om julle by Geliefd te verwelkom! ☕🌷

GELIEFD SE LENTE-MARK 🌳Die lente is amper hier… en ons maak plek vir ’n lekker dag van kuier, koffie, lekker eet en rond...
12/08/2026

GELIEFD SE LENTE-MARK 🌳

Die lente is amper hier… en ons maak plek vir ’n lekker dag van kuier, koffie, lekker eet en rondkuier tussen al die mooi dinge! 🌸

Kom geniet ons Lente-mark op Saterdag 12 September van 09:00–15:00 by Geliefd.

🧺 Bring jou piekniekkombersie saam, kry vir jou ’n lekker koffie en iets te ete, sit ’n rukkie en kuier en geniet die dag saam met familie en vriende.

Verwag:
🌷 Mooi blomme
🍰 Lekker eetgoedjies
💎 Juwele
🎨 Kleurvolle, unieke produkte
🏡 Heuning produkte
🪞 Huissitems en klere
🛍️ Ingelegde produkte
☕️ Lekker koffie
…en natuurlik baie lekker kuier!

Kom maak ’n dag daarvan — bring die kinders, nooi jou vriendinne en pak daardie piekniekkombers in die kar. 🧺🌿

Geliefd se Lente-mark
📍 Geliefd, Leeudoringstad
📅 Saterdag 12 September 2026
⏰ 09:00–15:00

Ons sien uit om saam met julle die lente te vier! 🌸

Address

Einde Van Botha Straat, 100m Op Grondpad
Leeudoringstad
2640

Telephone

+27799172772

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Geliefd posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Restaurant

Send a message to Geliefd:

Shortcuts

Share

Category

Nearby restaurants