Koster Gholfklub

Koster Gholfklub Koster Gholfklub is die langs bestaande restaurant en kroeg in Koster. Maak enige dag van die week 'n draai. Ons bied ook wegneemetes.

Te vinde op die Koster Gholfbaan, bied ons uitstekende diens, heerlike kos, die beste pizza en koudste bier op die dorp!

19/10/2022

🐊Die Krokodilfees week het uiteindelik aangebreek! 🐊

Maak seker jy en jou gesin loop nie hierdie naweek se prettige feestelikhede mis by Koster Gholfklub saam met Bernice West, Beeskraal en Freckled Elvis nie. 🎸πŸ₯

Ons bied graag hierdie Saterdag β€˜n heerlike fees aan ten bate van Keegan van Zyl (8) en sy gesin vir die behandeling van Duchenne Spierdistrofie.

Terwyl die gholfspelers al 9h00 afslaan, maak ons ons hekke dan ook daardie tyd oop. Daar sal heerlike kosstalletjies, musiek en vermaak wees regdeur die dag. πŸ”πŸ₯³ Ons biertuin en gin kroeg begin om 11h00 drankies bedien en daar is β€˜n reeks van allerlei stalletjies en produkte in ons opelug mark waardeur u gerus kan kom loop. 🍻🍸

Ons sien julle daar πŸ˜Žβ€οΈπŸ’š

13/09/2022

🐊🐊 KROKODILFEES 2022 🐊🐊

*Ten bate van Keegan van Zyl ( 8 ) en sy familie vir die behandeling van DMD - Duchenne Spierdistrofie (Motorneuronsiekte).

Dit is 'n groot voorreg om aan te kondig dat ons hierdie jaar die eerste amptelike hou.β›³πŸΊ

Waar?
Op Die Koster Gholfklub terrein

Wanneer?
22 Oktober 2022

Wat sluit die in?
🐊 Gaskunstenaars soos Bernice West , Freckled Elvis en Beeskraal 🎀🎸

🐊 Gholfdag: 18-Putjie American Scramble met groot pryse en 'n fantastiese hole-in-one prys β›³οΈπŸ† (Putjies is beskikbaar vir besighede om te bemark).

🐊 Biertent & Gin Bar 🍺🍻

🐊 Stalletjies πŸŒ­πŸ”

🐊 Verskeie krokodil braaivleis snitte (gratis saam met kaartjie ingesluit)

🐊 Kinder vermaak πŸ₯³

🐊 Private lapas te koop vir besighede/ gasvroue en gashere 🀩

🐊 Bemarkingsgeleentheid vir besighede πŸ“ˆ

Kaartjie pryse en verkope sal oop wees vanaf 1 September 2022. Kommunikasie sal volg op hierdie blad en op ons webtuiste:

🌐 www.krokodilfees.com

Vir besighede, stalletjies, borge, gashere en gasvroue, of gholfdag navrae skakel gerus:

☎ Susan - 066 294 7928
☎ Charle - 066 565 7573

Kom geniet die heel eerste op hierdie wonderlike Oktober dag saam met ons! Ons is opgewonde om een en elkeen daar te sien 🀩🀩🀩

Geen alkohol sal verkoop word aan mense jonger as 18 nie.

Hierdie Saterdag gaan die Bokke kop-aan-kop teen die All Blacks in die eerste kragmeting van 2022 se Rugby Kampioenskap....
05/08/2022

Hierdie Saterdag gaan die Bokke kop-aan-kop teen die All Blacks in die eerste kragmeting van 2022 se Rugby Kampioenskap. πŸ€©πŸ‰

Kom kyk die aksie live by Koster Gholfklub met β€˜n yskoue bier en β€˜n vuurwarm pizza 😏πŸ”₯

Hierdie Saterdag om 17h05 gaan die Springbokke weer kop-aan-kop met Wallis vir die toetsreeks-beslissende wedstryd.πŸ”₯πŸ‰Kom...
16/07/2022

Hierdie Saterdag om 17h05 gaan die Springbokke weer kop-aan-kop met Wallis vir die toetsreeks-beslissende wedstryd.πŸ”₯πŸ‰

Kom geniet 'n koue bier en kyk saam met ons die wedstryd op die grootskerm by Koster Gholfklub! 🍻🍻

Hierdie Saterdag, regstreeks om 17h05 gaan die Springbokke weer vir Wallis tegemoet vir die tweede wedstryd in die reeks...
08/07/2022

Hierdie Saterdag, regstreeks om 17h05 gaan die Springbokke weer vir Wallis tegemoet vir die tweede wedstryd in die reeks. πŸ‰πŸ”₯πŸ”₯

Sorg dat jy betyds by Koster Gholfklub is vir die beste sitplek en kom geniet 'n koue bier of brandewyn by die vuur saam mede-ondersteuners! πŸ»πŸ˜‰

Moenie vergeet nie, Saterdae is Gholfdae! ⛳️πŸ”₯πŸ”₯Kom skryf jouself hierdie Saterdag in vir ons weeklikse Gholf Kompetisie e...
07/07/2022

Moenie vergeet nie, Saterdae is Gholfdae! ⛳️πŸ”₯πŸ”₯

Kom skryf jouself hierdie Saterdag in vir ons weeklikse Gholf Kompetisie en staan 'n kans om 'n prys of twee te wen! πŸ†πŸ₯‡ Daarna is daar ook natuurlik die groot kragmeting tussen die Springbokke en Wallis regstreeks om 17h05, uitgesaai in die klubhuis. πŸ‰πŸ˜Ž

Kom steek saam ons vuur aan, gryp 'n koue bier en ondersteun jou plaaslike gholfklub. Ons sien jou daar! 🍻🍻

08/06/2022

NUUT by die Blikspens!!πŸ”₯😍

Of jy nou 'n groot familie bymekaarkoms het, lus het vir iets anders om te braai as die ou gewones, of eenvoudiglik 'n skyf pizza wil geniet op die bank by die huis, ons is hier vir jou. Die Blikspens bied bevrore, ongebakte pizza, vars uit Koster Gholfklub se kombuis. Maak gerus 'n draai by ons en bestel die bevrore weergawe van enige van jou Gholfklub gunstelinge en braai of bak hom self by die huis. πŸ‘ŒπŸ‘Œ

Alternatiewelik, kan u ook inskakel en vooraf 'n bestelling plaas.

D**k jy jy sal ons klub se kampioene 'n les kan leer? Of sou jy belangstel in 'n rustige middag op die baan? Die Koster ...
02/06/2022

D**k jy jy sal ons klub se kampioene 'n les kan leer? Of sou jy belangstel in 'n rustige middag op die baan? Die Koster Gholfklub hou elke Woensdag en Saterdag amptelik 'n gholf kompetisie. Daarmee saam hou ons ook dan 'n prysuitdeling op die dag. πŸ”₯πŸ†πŸ₯‡

Ons por jou graag aan om jou bekwaamheid op die baan te kom ten toon stel, en dan natuurlik saam ons 'n koue bier en 'n heerlike Koster Special pizza na die tyd te geniet! 😎πŸ”₯🍻🍻

Moet ook nie vergeet dat ons elke ander dag van die week 'n 2-Bal met gratis karretjie bied teen 'n ongelooflike R400 nie! Ons sien jou graag daar, hiΓ©rdie Saterdag al!

Moenie vanaand se Pool Kampioenskap mis nie! Daar is boonop 'n vreeslike lekker Hamper te wen! Kompetisie skop regstreek...
01/06/2022

Moenie vanaand se Pool Kampioenskap mis nie! Daar is boonop 'n vreeslike lekker Hamper te wen! Kompetisie skop regstreeks om 18h00 af 🀩🀩

Ons sien jou daar!

Woensdae Pool Championships!
Slegs by Koster Gholfklub β›³οΈπŸŒοΈβ€

Hoe dit werk:
🎱 Elke speler skryf in met R50 om te speel.
🎱 Spelers speel uit tot in 'n finale spel.
🎱 Wenner van die finaal kry al die inskrywingsgelde.

Kompetisies begin om 18h00.
(House-rules apply)

Ons sien uit om almal daar te sien vanaand! Hoe meer mense inskryf hoe groter is die prysgelde. 🍻

Koster Gholfklub is opgewonde om aan te kondig dat ons vorentoe op alle nie-gholfdae (Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vryda...
27/05/2022

Koster Gholfklub is opgewonde om aan te kondig dat ons vorentoe op alle nie-gholfdae (Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Sondag) 'n spesiale aanbieding het, naamlik 'n twee-bal sessie (met een van ons splinternuwe gholfkarretjies ingesluit) teen slegs R400! πŸŒβ›³πŸ”₯

'n Beter aanbod behoort jy nΓͺrens anders te kry nie! Kom slaan gerus saam ons 'n paar b***e af en moenie vergeet om 'n draai te maak by die klubhuis na die tyd nie!πŸ˜‰πŸ˜Ž

Woensdae Pool Championships! Slegs by Koster Gholfklub β›³οΈπŸŒοΈβ€Hoe dit werk:🎱 Elke speler skryf in met R50 om te speel.🎱 Sp...
18/05/2022

Woensdae Pool Championships!
Slegs by Koster Gholfklub β›³οΈπŸŒοΈβ€

Hoe dit werk:
🎱 Elke speler skryf in met R50 om te speel.
🎱 Spelers speel uit tot in 'n finale spel.
🎱 Wenner van die finaal kry al die inskrywingsgelde.

Kompetisies begin om 18h00.
(House-rules apply)

Ons sien uit om almal daar te sien vanaand! Hoe meer mense inskryf hoe groter is die prysgelde. 🍻

Address

Brook Street
Koster
0348

Opening Hours

Monday 11:00 - 20:00
Wednesday 11:00 - 20:00

Telephone

+27665077350

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Koster Gholfklub posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Restaurant

Send a message to Koster Gholfklub:

Share

Category