17/06/2026
Ons vriende by SkyBar bied iets besonder aan op Donderdag 25 Junie.
RAAF – 'n duo wat moeilik is om te beskryf, maar onmoontlik om te vergeet. Hul musiek beweeg tussen folk, rock en akoesties sonder om by een te bly. Die aand sluit ook 'n wynproe in, so daar is genoeg rede om vroeg op te daag.
Dit is 'n aand vir mense wat van goeie musiek en goeie wyn hou.
🗓️ Donderdag 25 Junie 2026
⏰ Deure oop 17:00 | Show 19:00
🎟️ R350 pp — sluit wynproe in. Beskikbaar op Quicket.
Geen onder 18-jariges. T's & C's apply.