Selfdefencesa

Selfdefencesa Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Selfdefencesa, Ermelo.

24/10/2020*BRONKHORSTSPRUIT*en omliggend *Selfverdediging* Opleiding tydens Avontuurkamp deur*SelfdefenceSA*Slegs vir Ho...
25/10/2020

24/10/2020

*BRONKHORSTSPRUIT*
en omliggend

*Selfverdediging* Opleiding tydens Avontuurkamp deur
*SelfdefenceSA*
Slegs vir Hoërskool meisies.

Vir jou gebring deur
*𝓑𝓱𝓼𝓥𝓮𝓲𝓵𝓲𝓰𝓱𝓮𝓲𝓭🙋🏼‍♀*
https://chat.whatsapp.com/C72i7po36Er9zElvVfvTF2

28/12/2019

Waarom dra ek 'n vuurwapen?

My oupa het vir my gesê: "Boeta, daar kom 'n tyd in elke man se lewe wanneer hy ophou om sy kneukels te breek. Hy gebruik dan eerder 'n vuurwapen. Dit gebeur gewoonlik wanneer hy te oud is om te baklei, of die situasie in die land versleg so, dat hy nie meer kan baklei sonder 'n vuurwapen nie.

Ek dra nie 'n vuurwapen om mense dood te maak nie. Ek dra 'n vuurwapen om te verhoed dat ek doodgemaak word.

Ek dra nie 'n vuurwapen omdat ek wreed is nie. Ek dra 'n vuurwapen omdat ek al lank genoeg in die land is, en het reeds die wreedheid van dié wêreld gesien.

Ek dra nie 'n vuurwapen omdat ek die regering haat nie. Ek dra 'n vuurwapen omdat ek die beperkings van die regering verstaan.

Ek dra nie 'n vuurwapen omdat ek kwaad is nie. Ek dra 'n vuurwapen omdat ek nie die res van my lewe met selfverwyt wil leef, omdat ek nie voorbereid was nie

Ek dra nie 'n vuurwapen omdat ek iemand wil dood skiet nie. Ek dra 'n vuurwapen omdat ek eendag op 'n ryp ouderdom in my bed wil doodgaan van natuurlike oorsake, en nie iewers op 'n sypaadjie more middag nie.

Ek dra nie 'n vuurwapen om my meer soos 'n man te laat voel nie. Ek dra 'n vuurwapen omdat mans weet hoe om na hulle self en hulle geliefdes om te sien.

Ek dra nie 'n vuurwapen omdat ek onbevoeg is om myself te verdedig nie. Ek dra 'n vuurwapen omdat ek te enige tyd deur 2 of 3 gewapende boewe aangeval kan word, ongewapen is ek dan onbevoeg.

Ek dra nie 'n vuurwapen omdat ek lief is vir vuurwapens nie. Ek dra 'n vuurwapen omdat ek lief is vir die lewe en vir die mense wat betekenis gee aan my lewe.

Polisie beskerming is 'n mite. Vry burgers moet hulself beskerm omdat die polisie ons nie kan beskerm teen misdaad nie. Hulle kom ondersoek net die toneel nadat die misdaad gepleeg is, dan kry hulle soms iemand in om te kom opruim wanneer hulle ondersoek voltooi is.

Uit my oogpunt gesien. Ek dra 'n vuurwapen wat ek vertroud is mee omdat ek te jonk is om dood te gaan, en te oud is om te baklei.

Die keuse en verantwoordelikheid is joune alleen...

Boervrou ‘wat weet van skiet’, weer aanval afDeur Isabel Venter en Charné Kemp01 Desember 2019 22:05 ’n Boervrou van Jef...
02/12/2019

Boervrou ‘wat weet van skiet’, weer aanval af

Deur Isabel Venter en Charné Kemp
01 Desember 2019 22:05

’n Boervrou van Jeffreysbaai het losgebrand op twee vermeende plaasaanvallers en een vier keer in die bors geskiet.

Marlene Ferreira (48) se man, Fanie, sê dit is net omdat sy weet hoe om met ’n vuurwapen te werk dat sy haar man kon staan en die aanval afweer.

Sy was Vrydagaand alleen op die plaas toe twee aanvallers op die huis toeslaan.

Sy en Fanie woon al vir ongeveer 20 jaar op hul plaas in die Kabeljous-distrik, sowat 10 km van Jeffreysbaai, waar hulle met onder meer beeste boer.

Marlene, wat ook in die voorval beseer is, het nie Sondag kans gesien om self met die media te praat nie.

“Dit bly maar ’n lelike ding wat gebeur het, al is sy oukei,” het Fanie gesê en bygevoeg dat sy goed aansterk.

Sy was Vrydagaand alleen in die plaaskantoor net sowat 4 m van die huis, terwyl Fanie elders op die plaas besig was.

Dit was maandeinde en Marlene was agter ’n geslote deur besig om papierwerk af te handel.

Teen omstreeks 20:30 het sy geluide gehoor en twee onbekende mans deur die venster gesien. Hulle het klippe deur die ruite gegooi.

Een man het op haar begin skiet en die ander een het ’n klip deur die venster gegooi en deurgeklim.
Fanie, slagoffer se man.
“Een man het op haar begin skiet en die ander een het ’n klip deur die venster gegooi en deurgeklim. Hy het haar met ’n skroewedraaier geslaan en gesteek,” sê Fanie.

Marlene kon dit regkry om haar 9 mm-pistool in die hande te kry.

“Sy is gelukkig baie bedrewe met haar vuurwapen en weet hoe om daarmee te werk,” sê Fanie.

Marlene het die aanvaller vier keer in die bors geskiet.

Hy het inmekaargesak, waarna sy makker, wat nog buite die venster gestaan het, op Marlene begin skiet het.

Sy het kopgehou en die ligte afgeskakel voordat sy haar aandag op hom gevestig en begin skiet het.

Hy het weggehardloop nadat hy vermoedelik ook raakgeskiet is.

“Ons weet nie wat hulle gesoek het nie, die twee het nie maskers aangehad nie en het amper dadelik begin skiet, daar was nie tyd vir enige eise nie,” sê Fanie.

Sy het kopgehou en die ligte afgeskakel voordat sy haar aandag op hom gevestig en begin skiet het.
Marlene het hom dadelik gebel, waarna die polisie en veiligheidsdienste ontbied is.

Hy sê hy is beïndruk met hoeveel moeite daar gedoen is om na die tweede aanvaller te soek.

“Ons het regtig goeie bystand ontvang. Die boere in die omgewing het met soekligte en hommeltuie na die aanvaller gesoek,” sê Fanie.

Die aanvaller wat in die kantoor geskiet is, is in ’n kritieke toestand hospitaal toe gebring.

“Marlene het steke vir die steekwond gekry en is behandel vir die kneusplekke op haar kop waar sy geslaan is,” sê Fanie.

Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, sê die vermeende aanvaller, van in sy dertigs, sal na verwagting vir nog twee weke in die hospitaal moet bly voordat hy in die hof kan verskyn. ’n Klag van poging tot moord en huisroof word ondersoek.

Die tweede verdagte was teen Sondagmiddag laat nog nie vasgetrek nie.

Enigiemand wat die polisie in die ondersoek kan help, kan die ondersoekbeampte, speur-a.o. Francis Scott, by 082 441 7645 bel.

’n Boervrou van Jeffreysbaai het losgebrand op twee vermeende plaasaanvallers en een vier keer in die bors geskiet.

hierdie naweek inBronkhorstspruit!Weet jy hoe jou brein werk as jy skrik? En weet jy hoe om jouself uit daai skrik te kr...
22/10/2019

hierdie naweek in
Bronkhorstspruit!

Weet jy hoe jou brein werk as jy skrik?
En weet jy hoe om jouself uit daai skrik te kry?
Vrouens, sal jy ń potensiele verkragter kan afweer?
Manne en vroue, weet jy hoe om in verskillende kaping scenario's op te tree?

Manne, weet jy hoe om wanneer nodig ń persoon vinnig en maklik te arresteer wat moontlik jou vrou en kinders se lewens bedreig?

Hierdie kursus is vir mans en vrouens en kinders ouer as 15.
R1000 pp
0832258777 /0764811128
om te bespreek

Afslag op familie besprekings

Slegs wanneer jy weet jys persoonlik goed voorberei, kan jy in vrede leef in hierdie chaos waaraan ons elke dag blootgestel word.

Wil jy graag ń vuurwapen bekom, maar die proses lê soos ń berg voor jou?

Vir jou gebring deur:
* 🙋🏼*

Hierdie naweek: Takties 3DundeeIs jy vaardig met jou wapen?
27/09/2019

Hierdie naweek: Takties 3
Dundee
Is jy vaardig met jou wapen?

19/04/2019

WAARSKUWING: Hierdie berig bevat foto's wat sommige lesers kan ontstel. Met Alison Botha in haar gedagtes én die besluit om nie daardie dag dood te gaan nie, het ’n vrou van Port Elizabeth verbete teen ’n aanvaller baklei wat haar keel en nek met ’n stomp vismes probeer oopsny het.

Nou nie iemand wat ons opgelei het nie, maar steeds ʼn lekker storie :)
22/12/2018

Nou nie iemand wat ons opgelei het nie, maar steeds ʼn lekker storie :)

According to a source, the suspect had entered the premises and held the husband, wife and their two children hostage.

Soos ontvang:Vroeër die jaar buite Kriel:"Jy het met jou opl Pieter se lewe gered. Ingeprent dat jy jou wapen by jou dra...
22/11/2018

Soos ontvang:

Vroeër die jaar buite Kriel:

"Jy het met jou opl Pieter se lewe gered. Ingeprent dat jy jou wapen by jou dra alle tye en one up. Pieter moes links skiet na hy gewond is en sou nie tyd he om te span nie. Klop jouself op die skouer en ons almal is jou ewig dankbaar vir die opl en wat jy vir die gemeenskap beteken. Groete...."

Soos ontvang:Marydale Upington..."Klein konfrotasie gehad met n man wat homself aan my uie gehelp het. Jou kursus is gou...
22/11/2018

Soos ontvang:

Marydale Upington...

"Klein konfrotasie gehad met n man wat homself aan my uie gehelp het. Jou kursus is goud werd....

Hy kon die aanvaller en dief se mes afneem sonder om seer te kry!

Bespreek jou kursus nou!
14&15 Desember
22&23 Desember
5&6 Januarie
12&13 Januarie
19&20 Januarie

Hendrik Mills
076 48 111 28

Altyd lekker om so ʼn briefie te kry. Naand Hendrik. Net 'n woord van dank ten opsigte van jou opleiding met die meskursu...
07/11/2018

Altyd lekker om so ʼn briefie te kry.

Naand Hendrik. Net 'n woord van dank ten opsigte van jou opleiding met die meskursus/weerbaarheid. Vandag was goeie voorbeeld.... ek is op verlof, dus buite my normale roetine van kom-en-gaan op dieselfde tyd elke dag. Ek het dus vandag op 'n baie ongewone tyd huis toe gekom, en weens jou "situational awareness" het ek dadelik opgemerk dat daar 'n onbekende bravo uit my buurman se erf stap. My buurman woon alleen en is 92 jaar oud. Ek het dadelik onraad vermoed en gestop en omgedraai, die bravo het 'n drafstappie ontwikkel op daai oomblik, my buurman (oukêrel) het uit sy huis gestorm gekom. Ek het dadelik besef die bravo het daar moeilikheid gemaak. Ek het die bravo benader, hand op my mes, en kon hom binne sekondes buite aksie stel en arresteer. Sonder enige bloed. Het hom met cable ties geboei (wat reeds inmekaar gekoppel was, en altyd gereed gehou word), SAPS het die bravo kom haal. Wat moerse interresant is, is hoe goed jou "drukpunt" opleiding gewerk het! Hyt letterlik geval soos 'n sak stront, en BAIE vinnig sy arms agter sy rug vir my gegee toe ek hom aan die nek beetkry! Dankie Hendrik! Goeie opleiding! Ek en die buurman kan te danke daaraan vanaand nog leef!

https://t.me/joinchat/EiIin0ZcpbqzubH9jox-lAHet jy al 'n kursus gedoen?Sluit aan!Wil jy graag 'n kursus doen?Sluit aan!W...
26/08/2018

https://t.me/joinchat/EiIin0ZcpbqzubH9jox-lA

Het jy al 'n kursus gedoen?
Sluit aan!
Wil jy graag 'n kursus doen?
Sluit aan!

Wees ingelig, en weet wanneer ons naby aan jou kom kuier.

Raak weerbaar

Handwapen kursusse
Takties 1
Takties 2 (nagskiet, ens)
Tajties 3

Noodweer kursus
(Mes kursus)

Address

Ermelo

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00

Telephone

0764811128

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Selfdefencesa posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share