Shake & Bake pancakes

Shake & Bake pancakes This is the story about Markus.

A beautiful 6 year old boy who has Spastic Cerebral Palsy Diplegia and we are here to share his journey while waiting for him to start walking πŸ’š

"Mamma, daai slang was so swaar, hy het my sommer laat hoes!" 🩷
31/05/2026

"Mamma, daai slang was so swaar, hy het my sommer laat hoes!" 🩷

Dankie aan elke liewe persoon wat vandag ondersteun het! Ons voel super geseΓ«nd!! πŸ’š
14/05/2026

Dankie aan elke liewe persoon wat vandag ondersteun het! Ons voel super geseΓ«nd!! πŸ’š

13/05/2026

Ek het 2 jaar terug hierdie onderhoud met LiG Tydskrif gedoen en dit is altyd vir my so lekker om terug te kyk van hoe ver ons al gekom het vanaf daai tyd.

"It always seems impossible until it's done" ✨



Ek love altyd die detail in Markus se prentjies. Sy swem goggles, akkurate kleur van swembroek op my, en dat ek die een ...
10/05/2026

Ek love altyd die detail in Markus se prentjies. Sy swem goggles, akkurate kleur van swembroek op my, en dat ek die een is wat die water laat splash πŸ˜… Maar ek gaan beslis moet opskerp met my chef skills as hy d**k my spesialiteit is nuggets πŸ™ˆ

Gelukkige Moedersdag aan al die Mammas!

πŸ’š

Ek het eerlikwaar nie woorde nie. En so, met nog 'n donasie, is Markus se spalkies nou betaal. DANKIE is te min, maar di...
08/05/2026

Ek het eerlikwaar nie woorde nie. En so, met nog 'n donasie, is Markus se spalkies nou betaal. DANKIE is te min, maar dit is al wat ek het vir nou. πŸ’š Nou word sy cool Batman spalkies in diΓ© foto vervang met splinternuwes. πŸ₯ΉπŸ₯°

DANKIE ook vir almal wat vandag gemaak het dat 250 bottels pannekoek deeg verkoop is.

β€œLord, if it’s you,” Peter replied, β€œtell me to come to you on the water.”
β€œCome,” he said.
Then Peter got down out of the boat, walked on the water and came toward Jesus. But when he saw the wind, he was afraid and, beginning to sink, cried out, β€œLord, save me!”
Immediately Jesus reached out his hand and caught him. β€œYou of little faith,” he said, β€œwhy did you doubt?” ~ Matthew 14:28-31

07/05/2026

So dankbaar!!!

Skuus, ek praat verkeerd in my video, die DEPOSITO van R11 000 is betaal, nie die volle bedrag! Die emosies het bietjie oorgeneem πŸ˜…πŸ™ˆ

Hierdie deposito beteken dat hulle nou die spalkies kan begin maak, ek kan nie wag om te wys hoe mooi dit gaan lyk nie! πŸ₯Ή

Welkom aan al die nuwe mense wat hier is om Markus se journey te volg saam met ons. Markus is op 13 maande gediagnoseer ...
07/05/2026

Welkom aan al die nuwe mense wat hier is om Markus se journey te volg saam met ons.

Markus is op 13 maande gediagnoseer met Cerebral Palsy Spastic Diplegia. Dit was 'n lang pad van groei en leer tot hier en op amper 7 jaar oud is ons nog baie positief dat hy eendag gaan kan loop πŸ™πŸΌ

Markus kry daagliks baie terapie en het toerusting nodig soos sy bene se spalkies om sterker te word op die regte manier.

Van die begin af verkoop ons hierdie flopvrye pannekoek deeg teen slegs R40 per 1L bottel om al hierdie te dek. Ons het die afgelope maand weer intensiewe terapie ondergaan en in die proses is dit bevestig dat hy nuwe spalkies benodig. Die totale som vir dit is R22 000 en ons weet, as ons al voorheen 600 bottels per dag kon verkoop, kan ons dit beslis weer doen! πŸ™πŸΌ

So as jy in die Kaap (Noordelike Voorstede) bly en wil pannekoek deeg kom optel by ons, volg asb die WhatsApp link hieronder en bestel vandag! 😁 Sondag reen 🌧️🌧️🌧️ en wat beter as vars pannekoek om snoesig te bly!

https://wa.me/qr/QYV7DBBER5ZGK1

05/05/2026

Hoe oulik is dit net nie! πŸ™ƒβ­ Dit maak my hart so bly as Markus se storie ander kinders se harte raak πŸ™πŸΌ

23/04/2026

DMI terapie week by die ongelooflike van The Children's Therapy CentreπŸ™πŸΌπŸ™πŸΌ SO dankbaar vir die geleentheid! Sy maak so paar keer 'n jaar plan om Kaap toe te kom, dan werk sy met ons kinders vir 'n week op 'n keer. Markus werk sΓ³ hard, my trots. πŸ’š

03/04/2026

Wat is beter in hierdie wΓͺreld as 'n suster wat haar boetie se grootste cheerleader is. Gee ons nog net so klein tydjie, ons is amper daar! πŸ’š Hierdie seun van my gaan binnekort loop. Ek voel dit in my are πŸ™πŸΌπŸ™πŸΌπŸ™πŸΌ



Wat 'n spesiale manier om ons eerste kwartaal by Paarl-skool/Paarl School af te sluit. πŸ₯ΉπŸ™πŸΌπŸ™πŸΌπŸ™πŸΌ Trotser kan ek nie wees n...
27/03/2026

Wat 'n spesiale manier om ons eerste kwartaal by Paarl-skool/Paarl School af te sluit. πŸ₯ΉπŸ™πŸΌπŸ™πŸΌπŸ™πŸΌ Trotser kan ek nie wees nie! Markus, jy bewys elke dag watter mooi seun jy is met jou mooi hart. Dankie aan Paarl skool dat julle ons kinders raak sien. Nie net die in diΓ© fotos nie, elkeen!

Soos ek vanoggend vir jou sΓͺ terwyl ek jou in die bussie laai: "Jy maak my SO trots. Jy het hierdie kwartaal sΓ³ hard gewerk en verdien die rustyd, my vakansie-gesiggie!

πŸ©·πŸ’šπŸ’šπŸ’š

21/03/2026

Hierdie is sΓ³ groot mylpaal vir ons. Markus is 'n hele ander seun vandat hy by Paarl Skool is. Hy wou NOOIT sy spalkies dra nie en nou vra hy om met dit skool toe te gaan! πŸ₯Ή Sy grootste ding was dat hy wit tekkies moet hΓͺ. Hy het bly sΓͺ dat hy die "odd one out" gaan wees as hy nie ook wit tekkies het nie. Odd one out oor wit tekkies... niks anders! Sy selfvertroue, sy menswees, sy wΓ­l om sterker te word. Alles het verander vir die beter. As daar nΓ‘ 3 maande soveel verandering is, jubel ek oor wat nog kom. So so so dankbaar!

πŸ’š

Hoe lekker moet dit nie wees om uiteindelik te voel die speelplek is vir jou ook gemaak πŸ˜ŠπŸ’š
02/03/2026

Hoe lekker moet dit nie wees om uiteindelik te voel die speelplek is vir jou ook gemaak πŸ˜ŠπŸ’š

"Hoekom is ons stories net interessant wanneer dit hartseer is?" πŸ™πŸΌπŸ’š
15/02/2026

"Hoekom is ons stories net interessant wanneer dit hartseer is?" πŸ™πŸΌπŸ’š

Dis 'n baie diep gedig wat uit 'n baie opregte plek kom.

EK WENS DISABILITY WAS OOK N TREND.

Daar is so baie dinge
wat vandag aanvaar word.
Wat gesprekke is.
Wat trending is.
Wat op voorblaaie is.

Ek wens disability
was ook sΓ³ cool.
Nie stil nie.
Nie weggesteek nie.
Nie net iets wat mense ongemaklik maak nie.

Ek wens disability was ’n trend.
Soos drama wat viral gaan.
Soos baklei op The Real Housewives.
Soos ’n skokkende opskrif wat almal deel.

Ek wens disability was ’n trend.
’n Hashtag.
’n Challenge.
’n Voorblad met vet letters.

Hoekom kan mense met disability se suksesverhale nie ook ’n voorblad haal
van ’n koerant
of ’n tydskrif nie?
Hoekom is ons stories
net interessant wanneer dit hartseer is?

Ek wens mense het so vinnig gepraat oor toeganklikheid
soos hulle praat oor skinder.
Ek wens timelines was vol rolstoele
soos dit vol selfies is.
Ek wens inklusiwiteit het views gekry
soos kontroversie.

Ek wens disability was ’n trend
om vrae te vra.
Om te leer.
Om te luister.

Ek wens dit was ’n trend
om trots te wees op anders wees.
Om nie weg te kyk nie.
Om nie onder die tafel in te vee wat ongemaklik voel nie.

Ek wens disability was nie net
’n stil saak in ’n hoekie nie.
Nie net ’n β€œag shame” oomblik nie.
Nie net iets wat ons ignoreer tot dit ons raak nie.

Ek wens dit was ’n trend
om die mooi raak te sien.
Om die krag raak te sien.
Om die talent raak te sien.

Ek wens dit was ’n trend
om mense te vier
wat net anders beweeg.
Want as disability ’n trend was,
sou dit normaal word.
En as dit normaal word,
sou dit nie meer ’n β€œding” wees nie β€”
net mense.

Ek wens.
Ek wens dit was ’n trend. β™Ώβœ¨

β€” Sumarie Jordaan

'n Mooier valentyntjie is daar nie! πŸ’šπŸ©·πŸ’š
13/02/2026

'n Mooier valentyntjie is daar nie! πŸ’šπŸ©·πŸ’š

12/02/2026

As Mila bietjie die leisels wil neem met huiswerk sit Markus sommer ekstra moeite in. πŸ˜… My slimmies πŸ’š

Markus het hierdie Ronaldo figurine gekry vir sy verjaarsdag verlede jaar, en sΓ³ slaap die twee in die aande en droom va...
05/02/2026

Markus het hierdie Ronaldo figurine gekry vir sy verjaarsdag verlede jaar, en sΓ³ slaap die twee in die aande en droom van hul sokker wedstryd saam. Eendag. πŸ’š

My Dapper MarkusMy seun, jy stap dalk anders deur die lewe as die res,maar jou gees hardloop vry, sonder vrees.Waar ande...
27/01/2026

My Dapper Markus

My seun, jy stap dalk anders deur die lewe as die res,
maar jou gees hardloop vry, sonder vrees.
Waar ander struikel oor wat hulle sien,
sien ek ’n vegter, suiwer en fyn.

Jou liggaam leer sy eie pad ken,
maar jou hart? Dit weet reeds wie jy is, my kind.
Elke glimlag, elke klein oorwinning,
is ’n bewys van krag wat nie meetbaar is nie.

Jy leer my daagliks wat moed beteken,
dat ware krag sag kan wees, maar onbreekbaar.
Jy is nie jou uitdaging nie –
jy is lig, hoop en ’n wonderwerk.

Hou aan skyn, my seun.
Die wΓͺreld kyk, en jy wys hulle hoe. πŸ’š



23/01/2026

Markus se eerste sportdag! πŸ₯ΉπŸ˜ Nie net het hy gewen in sy kategorie nie, maar sommer 'n nuwe rekord geset! Dit maak my hart sΓ³ bly. Hy sit nie net aan die kantlyn nie. Hy neem deel. πŸ’š





Dit vat nou so bietjie (baie) langer vir Markus om vir my van sy dag te vertel.... Hulle leer nou klanke, so nou moet A-...
19/01/2026

Dit vat nou so bietjie (baie) langer vir Markus om vir my van sy dag te vertel.... Hulle leer nou klanke, so nou moet A-L-L-E-S gespel word. πŸ˜…πŸ₯΄πŸ₯΄

πŸ₯°πŸ₯°
16/01/2026

πŸ₯°πŸ₯°

Address

Durbanville
7550

Telephone

+27824767259

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Shake & Bake pancakes posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Restaurant

Send a message to Shake & Bake pancakes:

Share