15/12/2023
Soos ek vanoggend hier sit op die bewolkte oggend en kyk hoe dit lig word, is dit steeds, na 8 maande hier, met verwondering dat ek sien hoe mooi dit hier by Mieliepap Bronkies is! As n trotse Afrikaner kind van God is dit veral in die tyd wat ek weereens herinner word hoe Sy hand oor alles heers. Tog besef ek ook met al sy werke om my, hoe ons, sy skepsels, donker strepe oor alles maak. Ongelukkig merk vandag die punt waar ons Mieliepap gesin besluit het om handoek in te gooi. In ons besigheid speel ons nog altyd oop kaarte met ons Mieliepap familie. Hoe mooi dit ook al hier is, hoe rustig en volmaak ons plekkie voel, weet ons nog altyd geen besigheid kan oorleef, veral in die tye waarin ons leef,sonder die ondersteuning van jou gemeenskap om jou nie. Ons het als probeer, vasgebyt en probeer deurbreek! Maar Bronkies en Nooitgedacht spesifiek se mense het gepraat. Party onbewustelik, en ander doelbewus, wil ons nie ondersteun! Daarom sluit Mieliepap Bronkies sy deure op 16 Des 2023. Die 8 maande hier het ons gekos, in so mate dat dit ñ negatiewe inpak het op ons vlagskip, Mieliepap Kempton en in besonder ons gesin. BAIE BAIE dankie aan almal wat ons wel ondersteun het. Ek weet ons het vriende hier gemaak. Ons gaan julle mis! Jammer dat ons julle in die steek laat! Ons is nog hier vandag 15 Des en more 16 Des. Kom kuier by BRONKIES GELOFTEFEES, waar ons peuselhappies voorsien, en by ons winkel sal ons normale Menu beskikbaar wees. Die Geloftefees komitee wat uit n bree spektrum van Bronkhorstspruiters bestaan werk al maande om op gepaste wyse dankie te sê vir Bloedrivier! Ons fokus sal nou net op ons Kempton baba wees. En ons het ñ paar opwindende planne vir 2024 vir Kempton! Kom kuier vir ons daar as julle in die omgewing is! Kempton is die res van die feestyd oop, behalwe 25 en 26 Des en 1 en 2 Jan.