15/11/2018
Vir die wat my nie ken nie, Annemarie was my tannie en haar opdrag aan my voor haar afsterwe was dat ek almal op haar whatsapp en facebook in kennis moet stel wanneer sy nie maar daar is nie, alhoewel sy al reeds weg is op die 13de Nov, kon ek myself nie sover kry om hierdie boodskap te tik nie. Die wat haar persoonlik geken het en die wat net n kennis was, weet almal dat sy n groot kind van die Here was en maak nie saak waar of wanneer nie, mens kon dit sien in haar persoonlikheid. Sy het n sagte hart gehad en oneindige liefde vir mense gehad. Mens kon nooit in haar optrede sien as daar fout was of as sy deur n moeilike tyd gegaan het nie omdat haar geloof so sterk was en altyd positief was. Selfs toe sy gebrand het en n paar keer by die dood om gedraai het, het sy nooit opgegee of in die Here se plan getwyfel nie. Sy het vas geglo dit was haar doel om vir ander mense hoop te gee wat ook deur baie swaar tye gaan en sy wou met alle mag bewys dat NIKS onmoontlik is sopank jy vertrou op die Here nie. Ek weet sy is dol gelukkig waar sy nou is, al is dit hoe seer en moeilik vir ons wat agter bly. Ek sal my meis altyd onthou as die sterk vrou wat sy was en die rolmodel vir so baie mense. Sterkte aan oom Fritz my oom, my ouma, en my pa. Niks sal die seer ligter maak nie maar kom ons troos ons aan die feit dat sy is waar sy so hard gewerk het om te wees en dis by ons Pappa God!- Kezandra Trytsman