21/09/2026
B a b a G e s k e n k e
Dit was wat n vriendin die ander dag in die winkel saam gesit het vir n babatee geskenk.. en wat n mooi kombinasie.. Dit kos net onder die R500.. Handgemaak, uniek en tydloos.. iets wat jy gaan gebruik vir n baba, maar wat my Graad 1 dogtertjie ook nog gaan gebruik..
Die linne toetreksakkies werk perfek om elke dag se hospitaal klere met kombersies in te pak.. agterna kom jou ekstra stelletjie skoon klere in jou doeksak daarin en dien dit sommer as wasgoedsakkie vir die vuil klere.. Die "storage basket" word dalk babatyd gebruik vir doeke en wipes op jou doekruilstasie, maar kan agterna gebruik word om haar sokkies/onderklere of selfs haarbykomstighede netjies bymekaar te hou in haar kas.. en die mieliesakkie wat in die mikrogolf warm gemaak word, werk soos n bom vir pyn.. van maagpyn tot groeipyn en menstruasie pyn.. dit hou ook klein handjies warm op die pad en voetjies warm in die bed.
Gee intensioneel.. maar ondersteun ook intensioneel.. goedkoper is nie altyd beter nie.. en jou aankope help ons om salarisse te betaal van 6 vrouens in ons span.. ook om weer die volgende R30 000 se laprekening te betaal..
Baie, baie dankie vir jou ondersteuning die afgelope maand.. nie net in die winkel nie, maar ook aanlyn.. die Poort wat toe is, het ons voete deur die dorp kwaai geknou, maar julle help ons om aan te hou doen waarvoor ons lief is en waar ons n verskil kan maak met ons eie gawes van ons Vader..
Alle eer aan God die Vader..