24/03/2025
Joshua na die Reen.
Jaarlikse vertoning by ons Huis @ La Rochelle Farm Drumblade
Sat Apr 12, 16:30 - Sat Apr 12, 20h30
Hier het ek groot geword,
hier het ek in die veld ingehardloop en byna elke skemer na die Lig op die Horison gestaar.
Hier het my lewe saam met my broers en my ouers begin, en ook my musiek.
12 April nooi ek julle almal uit om hier saam met my te kom deel in die besonderse plek.
-30 km Suid van Johannesburg
-ons kuier van 16:30 af onder die bome
-Bepreek jou La Rochelle Sourdough Gourmet Burger, Sourdough Pannekoek en Cinnabuns op Quicket!
-Hier sal lekker koffie te koop wees
-Show begin 18:00
-Bring jou eie drinkgoed, piekniekkombers/stoel
Bespreek by www.jndr.co.za
-Kaartjies is R200
-Daar is ook ‘n kaartjie vir R250 as jy voel jy wil bietjie meer betaal !
- Bespreek ook jou kos vooraf!!
Ek deel graag my volgende aanlyn vertoning met julle. Ek sit vir julle die liedjies in die "setlist" wat nie in die vorige "show" was nie en deel die strories daar agter. Mag waar julle loop die stof in sterre verander!