29/09/2026
As jy ’n boer is, bekommerd is oor die huidige bek-en-klouseerkrisis, wonder wat die komende seisoen gaan bring, of onder finansiële druk gebuk gaan, luister gerus na hierdie boodskap.
Dit gaan oor daardie plek waar ons beheer ophou, maar waar geloof nie hoef op te hou nie.
Dominee Barrie Oberholzer van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Tsumeb Gemeente se preek is dalk die boodskap wat jy vandag nodig het om te hoor.