08/09/2026
🍝 ONS GEWILDE PASTAMAAK-KLAS IS TERUG! 🍝
Na die lekkerte van ons vorige klasse kon ons eenvoudig nie die skoolvakansie laat verbygaan sonder nóg ’n Klein Sjef Pastamaak-klas by ANNABeleef nie. 🤍
Hier gaan dit oor hande in die meel, deeg knie en rol, iets nuuts leer, lekker lag en die trots om aan die einde te kan sê:
“Ek het dit self gemaak!” 🍝
Tannie Juanita wys stap vir stap hoe om vars pasta van nuuts af te maak — en daarna gaan die beste deel gebeur: die kinders gaan sit saam aan tafel en geniet die pasta wat hulle sélf gemaak het! 😋
📅 Donderdag, 1 Oktober 2026
⏰ 10:30–12:00
👧🧒 5–13 jaar
💚 R200 per kind
📍 ANNABeleef | die Ou Tronk, Worcester
📞 Besprekings: 071 610 3232
Ons hou die groepie klein sodat elke kind lekker kan deelneem, daarom is plekke beperk.
En as die vorige pastaklasse vir ons enigiets geleer het….trek maar klere aan wat ’n bietjie meel kan hanteer. 😄🤍
Klein hande. Groot pret. Vars pasta. En herinneringe wat lank ná die meel afgewas is, bly. 🍝🌿