Die Rebel Wynboetiek

Die Rebel Wynboetiek Pizzas, Burgers, History Restaurant and Wine tasting/ Wine Shop

Rebel Wynboetiek – Jou aanlyn wynbestemming 🍷
By Rebel Wynboetiek kan jy steeds die kreatiewe milieu waardeer met ’n geskiedkundige kinkel, terwyl jy ons unieke wynversameling aanlyn ontdek en geniet – elke bottel vol karakter, gehalte en passie.

19/06/2026

Ons Emily Hobhouse Cabernet Sauvignon Rosé pas perfek by gebraaide garnale, somerslaaie en romerige kase – 'n ware bederf! ✨

Stuur vir ons ’n WhatsApp as jy wil bestel of meer wil weet: https://wa.me/27793661000 😊

Ons wyne is meer as net smaak, dis geskiedenis in 'n glas! Kyk net hoe pragtig pas hierdie twee rebelle bymekaar. 🍷Stuur...
18/06/2026

Ons wyne is meer as net smaak, dis geskiedenis in 'n glas! Kyk net hoe pragtig pas hierdie twee rebelle bymekaar. 🍷

Stuur vir ons ’n WhatsApp as jy wil bestel of meer wil weet: https://wa.me/27793661000 😊

17/06/2026

Hierdie pragtige Rosé met Emily Hobhouse op die etiket beloof 'n tydlose karakter vir onvergeetlike aande. 🍷

Stuur vir ons ’n WhatsApp as jy wil bestel of meer wil weet: https://wa.me/27793661000 😊

ONS ONTHOU HULLE EN EER HULLE WAT OMGEGEE HET:KONSENTRASIEKAMPDAG:16 Junie word hedendaags as JEUGDAG gevier, maar tradi...
16/06/2026

ONS ONTHOU HULLE EN EER HULLE WAT OMGEGEE HET:

KONSENTRASIEKAMPDAG:
16 Junie word hedendaags as JEUGDAG gevier, maar tradisioneel is die dag sedert 1903 as KONSENTRASIEKAMPDAG herdenk, in herinnering aan al die kinders en vrouens wat hul lewens gedurende die Anglo-Boereoorlog in hierdie kampe verloor het. Die dag is gewoonlik gebruik om die erfenisterreine te versorg en blomme op die graffies te plaas.

Op 16 Junie 1900 vaardig Lord Roberts ‘n proklamasie uit wat die Britse "Verskroeide Aarde" beleid amptelik verklaar. Dit was ‘n poging om die Boere kommandos se moed te breek. Hierdie beleid om plaashuise af te brand en alle vee en voorrade te vernietig is intens deur Kitchener uitgevoer. Minstens 30 000 wonings is afgebrand, duisende vee afgemaai en gesaaides is vernietig. Voor die oorlog was daar in Transvaal ongeveer 1 miljoen beeste, 200 000 perde en 1, 5 miljoen skape. Na die oorlog was slegs ongeveer 200 000 beeste, 50 000 perde en 400 000 skape oor.

Uit ‘n geskatte totale bevolking in die Transvaal en Vrystaat van 270 000, was daar meer as 34 000 srerftes in die konsentrasiekampe. Meer as 24 000 kinders sterf. Gemiddeld 43 kinders en 15 vrouens sterf in die kampe per dag. Aan die einde van 1901 was daar byna geen kind onder 2 jaar meer oor nie, ook nie bejaardes nie. ‘n Hele generasie en volle gesinne is uitgewis. Volksmoord. Nà die Anglo-Boereoorlog was daar 20 000 weeskinders in die Boererepublieke om te versorg.

Konsentrasiekampe is aanvanklik opgerig vir wapen-neerlêers (hensoppers) en hulle gesinne. Soos plaaswonings vernietig is, is duisende vroue en kinders en bejaardes gevange geneem en gedwing na oorvol konsentrasiekampe. Groot ontberings is ervaar op pad na die kampe oor lang afstande in wind en weer op treintrokke, muilwaens en selfs te voet.

Vroue en kinders het in haglike omstandighede in die kampe gewoon. Besmette water, swak voeding, te min kos, vrot vleis, geen vars groente en vrugte, tekort aan brandhout, geen seep, geen wasgeriewe, onvoldoende sanitasie, tente wat geen beskerming bied teen koue, hitte, reën, hael, wind en weerlig was deel hulle daaglikse omstandighede. Voeg hierby onbekwame kampbestuurders, misbruik van vroue en jong dogters en ook onvoldoende en twyfelagtige mediese sorg en ‘n teelaarde vir siektes ontstaan, wat lei tot groot sterftes. Die Britte het ook swart kampe vir die plaaslike bevolking b gin, waar daar volgens bronne minstens 17 000 weerlose kinders en vrouens gesterf het, dus was daar groot lyding onder wit en swart in hierdie kampe.

Sir Henry Campbell-Bannerman het in die Britse Parlement gesê: "It is an offence against civilization, as a military mistake and as a political disaster." Lord Milner het doelbewus die omstandighede uitgebuit om kinders deur onderwys te verengels. Onderrigtaal in die kampe was slegs Engels, al was die onderwysers oorwegend Afrikaans. Die resultaat was dat kinders ook in engels moes speel en slegs engelse liedjies mag gesing het.

Na die Anglo-Boereoorlog was die Boerevolk getraumatiseerd. Twee republieke ekonomies vernietig, militêr oorgegee, wapens neergelê, ekonomies verarm, geen politieke mag, kultureel bedreig, die smart van lewensverlies in soveel gesinne. Die Boere gesinne het teruggekeer na grafte en afgebrande wonings.

TC Pienaar skryf in 1904: "Die volk was moedeloos, omring deur duisternis; nêrens was daar ‘n straal van hoop meer oor nie. Maar in die as van verbrande wonings het die vuur nog gesmeul; in die hart van die nasie het die wil om weer op te staan, nog flou gepols".

Maar uit hierdie ashope het die “yster-generasie” deur planne-maak en harde werk weer opgestaan en voort gebeur. Daar was weer hoop..
Laat ons nooit die lyding en opoffering a van hierdie Boere-generasie vergeet nie en hoe hulle uit die omstandighede met sterk geloof en hul oë na Bo gerig weer vorentoe beweeg .

Kyk hoe geniet die manne ons heerlike wyn in hierdie historiese omgewing! 🍷Stuur vir ons ’n WhatsApp as jy wil bestel of...
15/06/2026

Kyk hoe geniet die manne ons heerlike wyn in hierdie historiese omgewing! 🍷

Stuur vir ons ’n WhatsApp as jy wil bestel of meer wil weet: https://wa.me/27793661000 😊

11/06/2026

Het jy geweet Emily Hobhouse het ere-burgerskap van Suid-Afrika ontvang en dat plekke selfs na haar vernoem is? Sy was voorwaar 'n merkwaardige vrou! 🍷

Stuur vir ons ’n WhatsApp as jy wil bestel of meer wil weet: https://wa.me/27793661000 😊

Address

Noord-Kaap
Orania

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Rebel Wynboetiek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Restaurant

Send a message to Die Rebel Wynboetiek:

Share