Geelvet Biltong Deli

Call

Geelvet Biltong Deli Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Geelvet Biltong Deli, Deli, 107 Kenneth Road, Randfontein, GP, Randfontein.

Gaan stem asb saam met ons vir ons dorp!
03/11/2026

Gaan stem asb saam met ons vir ons dorp!

🐂💛 ONTMOET OOM HENNIE – ONS MAN OP DIENS! 💛🐂By Geelvet glo ons ’n mens kom nie net winkel toe om biltong te koop nie… jy...
29/10/2026

🐂💛 ONTMOET OOM HENNIE – ONS MAN OP DIENS! 💛🐂

By Geelvet glo ons ’n mens kom nie net winkel toe om biltong te koop nie… jy moet ook lekker ontvang word! 😁

En daarvoor het ons Oom Hennie.

Oom Hennie hou ’n wakende oog oor ons kliënte – van die oomblik wat jy by die deur instap totdat jy met jou pakkie biltong uitstap. 😉

Kliëntediens is vir hom BAIE belangrik. As jy gelukkig is, is Oom Hennie gelukkig! ❤️

Maar moenie dink hy hou net ons kliënte dop nie… 👀
Hy is ook ons selfaangestelde hoof van skoonmaak en higiëne.

Want by Geelvet moet die winkel nie net lekker ruik na vars biltong nie – dit moet blink, skoon en higiënies wees! 🧼✨

So as jy by Geelvet kom en Oom Hennie kyk jou so effens skeef aan… moenie bekommerd wees nie. 😂
Hy kyk net of jy tevrede is én of jy nie dalk met modderskoene ingestap het nie!

Dankie Oom Hennie dat jy ons kliënte met soveel sorg hanteer en help om Geelvet altyd op sy beste te hou. 💛

Geelvet Biltong Deli
Biltong sonder ’n sening is ’n seëning! 🐂💛q

Kom ondersteun ons plaaslike boere asseblief!🥛🍼
28/10/2026

Kom ondersteun ons plaaslike boere asseblief!🥛🍼

Maak seker jy kry jou biltong vandag!
24/10/2026

Maak seker jy kry jou biltong vandag!

Maak seker jy kry jou Plankie Steak Sous!
20/10/2026

Maak seker jy kry jou Plankie Steak Sous!

13/10/2026

🎓✨ STERKTE AAN AL ONS MATrieks! ✨🎓

Die groot dag het aangebreek! 📚📝

Aan elke matriekleerder wat nou met die eindeksamen begin: ons wens julle ongelooflik baie sterkte toe! 💛

Julle het hard gewerk, baie geleer, ure gesit en soms seker gewonder of julle ooit deur hierdie jaar gaan kom… 😅 Maar hier is julle nou!

🌟 Glo in jouself.
🌟 Bly kalm.
🌟 Lees elke vraag mooi.
🌟 Doen jou beste — en onthou, een eksamen bepaal nie jou hele toekoms nie.

Mag julle harde werk beloon word en mag julle elke vraestel met ’n rustige hart en ’n helder kop aanpak.

Julle kan dit doen! 💪📖🎓

Van ons by Geelvet Biltong Deli — baie sterkte aan al ons matrieks! ❤️💛🖤

Go smash it, Class of 2026! 🎓🔥

🐂 Meet Ester – Our Droëwors Queen! 👑If there’s one thing Ester does NOT play around with, it’s droëwors! 😂Ester is our b...
09/10/2026

🐂 Meet Ester – Our Droëwors Queen! 👑

If there’s one thing Ester does NOT play around with, it’s droëwors! 😂

Ester is our bobaas droëwors maker and the self-appointed Quality Control Department at Geelvet Biltong Deli.

She is VERY particular when it comes to meat quality. If the meat isn’t up to her standards, you’ll know about it… because our sweet Ester suddenly becomes Ester the Brompot! 😂🙈

And then there’s the fat…

Ester watches that fat content like a hawk! 👀
Only brisket fat will do. Bring her anything else and she’ll look at you like you’ve just insulted her entire family! 🤣

She knows exactly what she wants, and thanks to her eagle eye for quality, her patience and her serious droëwors skills, we get that delicious Geelvet droëwors that keeps everyone coming back for more.

So when you bite into a piece of Geelvet droëwors and think, “Yoh, this is GOOD!”…

Just remember — Ester probably approved it. 😎🥩

❤️ Thank you, Ester, for keeping us honest, keeping us on our toes, and keeping the droëwors PERFECT!

🐂 Ontmoet die mense agter Geelvet Biltong Deli! 💛Ons dink dit is tyd dat julle nie net die heerlike produkte op ons rakk...
01/10/2026

🐂 Ontmoet die mense agter Geelvet Biltong Deli! 💛

Ons dink dit is tyd dat julle nie net die heerlike produkte op ons rakke leer ken nie, maar ook die mense wat elke dag sorg dat Geelvet Biltong Deli is wat dit is. 😄

Daarom gaan ons die volgende paar dae vir julle een vir een aan ons span voorstel – die mense agter die biltong, droëwors, deli-goedjies en al die ander lekker dinge wat julle by ons kry.

En natuurlik begin ons by die persoon wat waarskynlik die meeste tyd met vleis spandeer… 😂

Hallo, ek is Chantal! 👋🏻💛
Ek is die eienaar van Geelvet Biltong Deli, maar ek is beslis nie net die persoon wat met tye agter die kasregister is nie! 😉

Ek is ook die een wat die biltong maak, die geure fyn dophou, seker maak die vleis hang reg, en natuurlik heeltyd dink aan die volgende lekker ding wat ons vir julle kan maak.

Van die eerste stukkie vleis tot die finale produk op die rak – ek is sommer lekker hands-on betrokke! 🥩🔪

Geelvet is vir ons meer as net ’n winkel. Dit is iets waarin ons ons harte, hande en baie liefde sit. ❤️

So, hou hierdie spasie dop… want in die volgende paar dae gaan julle die hele Geelvet-span leer ken.

Want agter elke lekker happie is daar ’n mens met ’n storie. 🐂💛

Kom ontmoet die mense agter jou gunsteling Geelvet-produkte!

💔 Liewe Dianty…Ons het jou storie gevolg, saam met jou gehoop, saam gebid en elke keer geglo vir ’n wonderwerk. 🙏🏻Gister...
29/09/2026

💔 Liewe Dianty…

Ons het jou storie gevolg, saam met jou gehoop, saam gebid en elke keer geglo vir ’n wonderwerk. 🙏🏻

Gisteraand het ons harte saam met jou geliefdes gebreek toe jy jou stryd teen kanker verloor het. 😢

Ons is hartseer, maar ook dankbaar dat ons jou storie kon volg en saam met jou kon bid. Mag jou familie en geliefdes in hierdie ongelooflike moeilike tyd God se troos en krag ervaar.

Rus sag, Dianty. 🕊️
Jou storie het ons geraak, en jy sal onthou word. ❤️

24/09/2026

Gelikkige Erfenisdag!

Address

107 Kenneth Road, Randfontein, GP
Randfontein
1759

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:30
Tuesday 09:00 - 17:30
Wednesday 09:00 - 17:30
Thursday 09:00 - 17:30
Friday 09:00 - 17:30
Saturday 09:00 - 14:00

Telephone

+27636952150

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Geelvet Biltong Deli posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category

Nearby restaurants


Other Delis in Randfontein

Show All