09/08/2026
Ons moeg is nou MOEG-MOEG! 😂😂
Maar op hierdie Vrouedag, in die koue, sit ons vanaand met ’n baie dankbare hart. ❤️🍷
Die afgelope 3 dae was ’n GROOT sukses… en om saam met die hierdie pad te stap is steeds een van die lekkerste dinge wat ons in 'n lang tyd gedoen het.
My ogies hang behoorlik… ek d**k as ek nou gaan sit, is dit môre voordat ek weer opstaan. 😂
En Julia? Haar heup het amptelik bedank. Môre is dit voete omhoog, geen onnodige bewegings en verkieslik iemand wat die tee bring. 🤣
Oud word is NIE vir sussies nie… maar wat maak ons?
ONS VAT HOM! 💃🏼😂🍷
Nou gaan ons ons moë lywe parkeer, komberse nader trek en maak asof ons môre vars en uitgerus gaan wakker word. 😴😂
Vrouedag ✔️
Wynmeester ✔️
3 dae se harde werk ✔️
Heupe en voete nog min of meer aan ✔️
Krag vir môre ❌🤣
Dankbaar. Moeg. Gelukkig.
En sal dit weer doen? JA… 😂❤️🍷