20/06/2026
☕🎨 Paint & Coffee by Namaqua Coffee 🎨☕
Die laaste Saterdag van die skoolvakansie is die perfekte tyd om iets vir jouself te doen! 🌸
Bring jou ma, suster, vriendin, kollega, dogter of enige spesiale persoon saam en geniet 'n ontspanne oggend van kreatiwiteit, lag en lekker koffie.
✨ Geen kunservaring nodig nie. ✨ Alle materiaal word voorsien. ✨ Heerlike koffie beskikbaar. ✨ 'n Kans om vir 'n paar uur die daaglikse gejaag te vergeet.
Of jy nou 'n mamma is wat 'n breek nodig het, 'n vriendin wat kwaliteit tyd soek, of net iemand wat iets nuuts wil probeer – jy is welkom! 💕
🗓️ Datum: 18 Julie
📍 Plek: Namaqua Coffee
🎟️ Bespreking is noodsaaklik – plekke is beperk.
Tag die persoon wat jy graag wil saambring. ☕🖌️