13/10/2025
https://www.facebook.com/share/p/1MoUYiC1iv/
Met jou g*t in die botter val 🧈
Sommige mense val sommer met hul g*t direk in die botter — glad, gemaklik, en nog warm ook! Hulle het net mooi alles wat reg uitwerk, van erfporsie tot vakansie.
Maar die res van ons? Ag, ons moet eers die koei gaan melk, die room afskep, en dan daai botter met spierkrag staan en karring tot ons arms lam is. Teen die tyd wat ons klaar is, het iemand anders al die brood en die botter klaar geëet! 😅
Die waarheid is — nie almal begin met dieselfde klont botter nie. Party mense het net ’n bietjie melk en hope moed.
Dis hoekom ons eerder mekaar met respek moet behandel — of jy nou in die botter val, dit self maak, of nog by die koei staan met ’n emmer in die hand.
Want op die ou end… almal se brood proe darem beter met ’n bietjie botter (en ’n goeie sin vir humor). 🐄😉