Huis Aristea

Huis Aristea Huis Aristea is op 14 April 1975 amptelik ingewy. Die naam Huis Aristea kom van 'n aristeablom wat vandag nog hier in Durbanville naby die renbaan groei.

Huis Aristea is 'n program van Badisa.

๐Ÿ’™ GO TURKOOIS VIR ONS BEJAARDES! ๐Ÿ’™Huis Aristea sluit met trots aan by die "Go Turquoise for the Elderly" - bewusmakingsv...
31/05/2026

๐Ÿ’™ GO TURKOOIS VIR ONS BEJAARDES! ๐Ÿ’™
Huis Aristea sluit met trots aan by die "Go Turquoise for the Elderly" - bewusmakingsveldtog wat van 15 Mei tot 15 Junie plaasvind.
Gedurende hierdie maand vra ons die gemeenskap om turkoois te dra, foto's te deel en saam met ons bewustheid te skep vir die welstand, waardigheid en versorging van ouer persone. Elke senior verdien om gesien, gehoor, gerespekteer en waardeer te word.
๐ŸŒŸ Trek jou turkoois aan
๐ŸŒŸ Deel jou foto op sosiale media
๐ŸŒŸ Besoek en ondersteun 'n bejaarde
๐ŸŒŸ Help ons om die boodskap van omgee verder te versprei
By Huis Aristea glo ons dat elke ouer persoon 'n skatkis van wysheid, herinneringe en liefde is. Kom stap saam met ons hierdie pad en wys dat ons gemeenskap omgee.
๐Ÿ’™ GO TURKOOIS VIR DIE BEJAARDES!
๐Ÿ“… 15 Mei โ€“ 15 Junie
๐Ÿ“ Huis Aristea, Durbanville
"Ons gee om โ€“ We care." ๐Ÿ’™
๐Ÿ’™๐Ÿ‘ต๐Ÿ‘ด

Baie geluk aan Adeela met die suksesvolle bywoning en voltooiing van die een-dag werkwinkel as Veiligheid- en Gesondheid...
29/05/2026

Baie geluk aan Adeela met die suksesvolle bywoning en voltooiing van die een-dag werkwinkel as Veiligheid- en Gesondheidsverteenwoordiger! ๐Ÿ‘
Jou bereidwilligheid om te leer en jouself toe te rus met kennis help om die veiligheid en welstand van ons inwoners, personeel en almal by die tehuis te verseker.
Ons waardeer jou harde werk, toewyding en die verskil wat jy elke dag maak by Huis Aristea. Mag hierdie nuwe kennis jou verder versterk in jou belangrike rol.
Ons is trots op jou, Adeela! ๐ŸŒธ

๐ŸŒŸ Vandag gee ons spesiale erkenning aan twee van Huis Aristea se stille helde โ€” Bassier (oupa) en Heinrich! ๐ŸŒŸGeen taak i...
29/05/2026

๐ŸŒŸ Vandag gee ons spesiale erkenning aan twee van Huis Aristea se stille helde โ€” Bassier (oupa) en Heinrich! ๐ŸŒŸ
Geen taak is ooit te groot of te klein nie. Met harde werk, lojaalheid en toegewyde diens sorg julle dat struikelblokke uit die weg geruim word en dat alles net altyd aan die gang bly. Met flukse hande help julle bou, herstel, dra en ondersteun โ€” nie net die tehuis nie, maar ook ons inwoners se daaglikse gemak en geluk.
Julle is beslis van bestuur se โ€œfavourite peopleโ€, want waar daar โ€™n probleem is, is julle altyd gereed met โ€™n oplossing en โ€™n helpende hand. ๐Ÿ’ช๐Ÿ‘
Dankie Bassier en Heinrich vir julle opregte omgee, nederigheid en die groot verskil wat julle elke dag maak by Huis Aristea. Ons waardeer julle meer as wat woorde kan sรช. ๐ŸŒฟ

๐ŸŽ‰ Mรดre, Vrydag, gaan dit weer behoorlik jolig wees by Huis Aristea! ๐ŸŽ‰Soos elke Vrydag kuier ons lekker saam by ons gewil...
28/05/2026

๐ŸŽ‰ Mรดre, Vrydag, gaan dit weer behoorlik jolig wees by Huis Aristea! ๐ŸŽ‰

Soos elke Vrydag kuier ons lekker saam by ons gewilde Queen Cafรฉ โ˜•๐Ÿฐ waar jy heerlike koek en koffie kan geniet vir slegs R50 of ander lekkernye.

Maar mรดre doen ons nรณg meer! ๐ŸŒŸ
๐Ÿ›๏ธ Klereverkoping / Thrifting vanaf 09:00 - winskope vir almal.
๐ŸŽฒ Bingo om 14:00 - kom soek saam nommers!
๐ŸŽฌ En ons sluit die dag af met โ€™n gesellige Movie Night - Musiek

Wie sou kon d**k dat dit sรณ bedrywig, vrolik en vol lewe kan wees by โ€™n huis waar ouer persone tuisgaan? By Huis Aristea glo ons daar is nie tyd om net in โ€™n kamer te sit nie โ€” hier word geleef, gelag, gekuier en herinneringe gemaak. โค๏ธ

Kom beleef die warmte, samesyn en pret saam met ons!

๐ŸŒŸ Die A-Team van die Anneks ๐ŸŒŸOns inwoners van die Anneks staan sommer bekend as die A-Team โ€” en sowaar, diรฉ naam pas hul...
28/05/2026

๐ŸŒŸ Die A-Team van die Anneks ๐ŸŒŸ
Ons inwoners van die Anneks staan sommer bekend as die A-Team โ€” en sowaar, diรฉ naam pas hulle perfek!
Altyd positief, altyd vriendelik en dankbaar. Hulle woonplekke is netjies, die atmosfeer warm en huislik, en klagtes is minโ€ฆ maar dankbaarheid is oorvloedig. Hulle is werklik โ€™n voorbeeld vir baie ander. โค๏ธ
Hulle leef elke dag volgens hul besondere leuse:
"Die Here is ons Herder en ons kom niks kort nie."
Wat โ€™n kosbare getuienis van tevredenheid, geloof en dankbaarheid. Dit is vir ons by Huis Aristea โ€™n groot voorreg om deel van hierdie inwoners se lewensreis te wees.
Hier by Huis Aristea gaan dit nie net oor versorging nie โ€” dit gaan oor familie, warmte, geloof en โ€™n plek waar mense werklik tuis voel. ๐ŸŒฟ๐Ÿก

๐ŸŽ‰ 2 000 VOLGERS! ๐ŸŽ‰Wat โ€™n ongelooflike mylpaal vir ons by Huis Aristea!Baie dankie aan elke persoon wat ons blad volg, on...
26/05/2026

๐ŸŽ‰ 2 000 VOLGERS! ๐ŸŽ‰
Wat โ€™n ongelooflike mylpaal vir ons by Huis Aristea!
Baie dankie aan elke persoon wat ons blad volg, ons plasings deel, kommentaar lewer, saam lag, saam omgee en deel word van ons familie. Julle ondersteuning beteken vir ons inwoners, personeel en gemeenskap ongelooflik baie. โค๏ธ
Elke โ€œlikeโ€, boodskap en deel help ons om stories van liefde, omgee, hoop en diens uit te dra. Dankie dat julle saam met ons hierdie besondere reis stap en help om van Huis Aristea nie net โ€™n plek om te bly nie, maar โ€™n plek om te behoort, te leef en liefgehรช te word.
Ons waardeer elkeen van ons 2 000 volgers opreg. Hier is op nรณg mooi stories, spesiale oomblikke en โ€™n gemeenskap wat aanhou groei. ๐ŸŒธ



Vandag wil ek net uit my hart uit baie dankie sรช aan elke personeellid, inwoner en vriend van Huis Aristea wat my verjaa...
25/05/2026

Vandag wil ek net uit my hart uit baie dankie sรช aan elke personeellid, inwoner en vriend van Huis Aristea wat my verjaarsdag so besonders gemaak het. ๐ŸŒธ
Die verrassings, mooi boodskappe, liefde, lag en omgee het my opreg diep geraak. Dit is ongelooflik om deel te wees van โ€˜n plek waar mense nie net saam werk nie, maar regtig vir mekaar omgee en mekaar se vreugdes deel.
Baie dankie vir elke blom, geskenkie, drukkie, liedjie en vriendelike woord. Julle het my dag onvergeetlik gemaak. Ek waardeer elkeen van julle opreg en voel geseรซnd om saam met so โ€˜n wonderlike span en gemeenskap te stap.
By Huis Aristea is ons nie net kollegas en inwoners nie โ€” ons is familie. ๐Ÿ’™
Met groot waardering
Monice Brand

๐ŸŒฟ Wil jy betrokke raak? Wil jy teruggee aan die gemeenskap? ๐ŸŒฟDeel jou mededeelsaamheid deur deel te word van Huis Ariste...
24/05/2026

๐ŸŒฟ Wil jy betrokke raak? Wil jy teruggee aan die gemeenskap? ๐ŸŒฟ
Deel jou mededeelsaamheid deur deel te word van Huis Aristea se Toiletware Donasie Program. ๐Ÿงด๐Ÿ’™
Baie van ons inwoners is afhanklik van die liefde, omgee en ondersteuning van ander vir daaglikse benodighede. Met net โ€™n klein bydrae kan jy help om iemand waardigheid, gemak en hoop te gee.
โœจ Elkeen se klein bydrae maak โ€™n groot verskil. โœจ
๐Ÿ“ Skenkings kan by ontvangs afgegee word.
Saam bou ons โ€™n gemeenskap van omgee. ๐ŸŒธ

23/05/2026

Address

5 Queen Street
Durbanville

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Huis Aristea posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Restaurant

Send a message to Huis Aristea:

Share